Wiki Baike:Algemene spelfoute
Hieronder is 'n lys met algemene spel- en stylfoute; die korrekte woord staan tussen hakies.
In Afrikaans word een ding meestal deur een woord beskryf. Die Engelse apple tree word dus in Afrikaans appelboom en nie appel boom of appel-boom nie. Dis 'n fout om sulke woorde as twee woorde of met 'n verbindingstrepie te skryf.
A - B - C - D - E - F - G - H - I - J - K - L - M - N - O - P - Q - R - S - T - U - V - W - X - Y - Z - Sien ook
AWysig
- agressie (aggressie)
- agressief (aggressief)
- agressiewe (aggressiewe)
- agressiewer (aggressiewer)
- agressiewere (aggressiewere)
- agressiwiteit (aggressiwiteit)
- amfibië (amfibieë)
- amoniak (ammoniak)
- anti-held (antiheld) (kyk Koppelteken)
- asperin (aspirien)
- asperine (aspirien)
- Australie (Australië)
- Australiaanse... (Australiese...)
BWysig
- boedisme (Boeddhisme of boeddhisme)
- Brasil (Brasilië)
- Britanje (Brittanje)
- brocolli (broccoli)
- burgermeester (burgemeester)
CWysig
- cappucino (cappuccino)
- capucino (cappuccino)
- Charlemagne (Karel die Grote)
- China (Sjina)
DWysig
- deurgans (deurgaans)
- defnitief (definitief)
- diëet (dieet) - (meervoud is diëte)
- diëetkundige (dieetkundige)
EWysig
- epos (e-pos)
- e-pos-adres (e-posadres)
- e-pos adres (e-posadres)
- ex-gevangene (oudgevangene)
FWysig
- Faeröereilande, Faroëse eilande, (Faroëreilande)
- Faeröers, Faaröees, Färöers (Faroëes - taal) - Faroëes is die Afrikaanse naam vir die taal van die bewoners van die Faroëreilande. Anders as in Nederlands word 'n deelteken op die e gebruik in die landsnaam, taalnaam en vir die naam van bewoners van die eilande.
- Faeröers, Färöers (Faroërs - bewoner van die Faroëreilande)
- fietster (fietsster)
- Filipyne (Filippyne)
- Filipyns (Filippyns)
GWysig
- geintereseer (geïnteresseer)
- ge-intereseer (geïnteresseer)
- Ghandi (Gandhi)
- Graaff-Reinette (Graaff-Reinet)
- graffitti (graffiti)
- grafiti (graffiti)
- grafitti (graffiti)
- goeie dag (goeiedag) (In groetwoorde wat begin met “goeie”, word “goeie” vas aan die daaropvolgende naamwoord geskryf)
- goeie môre (goeiemôre)
- goeie middag (goeiemiddag)
- goeie naand (goeienaand)
HWysig
- handvate (handvatte)
- herhinder (herinner)
- hidrolies (hidroulies)
- huistoe (huis toe, winkel toe, kerk toe, biblioteek toe)
IWysig
- Ingeneur (Ingenieur)
- Interresant (interessant; om jou te help onthou: 'n Vrou dra een Rok en twee Skoene)
JWysig
- joghurt (jogurt)
- Japanees / Japanese (Japannees / Japannese; Japans / Japanse)
KWysig
- Klieënt (kliënt)
- knië, kniee (knieë)
- kolosaal (kolossaal)
- kolosale (kolossale)
- komersiële (kommersiële)
- komittee, kommitee, kommittee (komitee)
- kommisaris, komisaris (kommissaris)
- Komissie, kommisie (kommissie)
- kommininikaasie, komenikasie, kommenikasie, komminukasie, kommunukasie, kominikasie, komunikasie, kominiekasie, kominukasie, kominniekasie (kommunikasie)
- kontroversiëel (kontroversieel)
LWysig
- lasagna (lasagne)
- Latvië (Letland)
- leêr (lêer)
- liaseer (liasseer)
- lineaal (liniaal)
- linier / linieêr (lineêr / lineêre; liniêr / liniêre)
- Lituanië (Litaue)
MWysig
- maccaroni (macaroni)
- mililiter (milliliter)
- milimeter (millimeter)
- (minlik - beteken geliefd)
- Misissippi (Mississippi)
- Missisippi (Mississippi)
- monnikke (monnike)
- museüm (museum)
NWysig
- na (na: dui rigting aan ("ek stap na die kafee") | ná: dui tyd aan ("hy het ná sononder by die huis gekom"))
- Namibia (Namibië)
- Namibiaan / Namibianer (Namibiër)
- Neder-Duits (Nederduits)
- (nimlik beteken "die einste een")
- Noordafrikaans (Noord-Afrikaans)
- nogals (nogal)
- Nu-Seeland (Nieu-Seeland)
- Nuut-Seeland (Nieu-Seeland)
- Nuuw-Seeland (Nieu-Seeland)
OWysig
- offerhande (offerande)
- ommelet (omelet)
- onmiddelik (onmiddellik)
- Oosduits (Oos-Duits)
- Ooseuropees (Oos-Europees)
- Oosindies (Oos-Indies)
- oranjerigge (oranjerige)
- oppad (op pad)
PWysig
- Papua New Guinee (Papoea-Nieu-Guinee)
- paralel (parallel)
- paralelepipedum (parallellepipedum)
- pasaat (passaat)
- Poland (Pole)
QWysig
- Quantas (Qantas)
RWysig
- reëele (reële)
- Ryssel (Rysel)
- reedsbestaande / reeds-bestaande (reeds bestaande)
SWysig
- Sanskriet (Sanskrit)
- sateliet (satelliet)
- satteliet (satelliet)
- Saudi Arabië (Saoedi-Arabië)
- sedertien (sedertdien)
- Suid Afrikaans (Suid-Afrikaans)
- Suidafrikaans (Suid-Afrikaans)
- Suid-afrikaans (Suid-Afrikaans)
- Switzerland (Switserland)
TWysig
- tennister (tennisster)
- Tjeggie (Tsjeggië)
- Tjeggië (Tsjeggië)
UWysig
VWysig
- (verassing) - Sinoniem: kremasie
- (verrassing) - Sinoniem: verbasing
- (voor die hand liggend) - Sinoniem: vanselfsprekend. Engels: obvious
- (vir seker) - 'ek weet dit vir seker' (nie verseker nie)
- (vir ewig) - 'ek lewe nie vir ewig nie' (nie verewig nie)
- nie vannaand - maar (vanaand)
WWysig
- Wesduits (Wes-Duits) (kyk Koppelteken)
- wardeer (waardeer - bv "Ek waardeer jou vriendskap")
- wardeur (waardeur - bv "Die gat in die grot waardeur hulle moes kruip, was baie nou.")
XWysig
YWysig
- yoghurt (jogurt)
ZWysig
- Zambiaanse... (Zambiese...)
Sien ookWysig
- Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal (HAT)
- Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)
- Wikibaike: Riglyne vir voorbladartikels
- Afrikaanse Woordelys en Spelreëls
- Grondbeginsels van die Afrikaanse spelling
- Wikibaike: Algemene spelfoute
- Speltoetser
- Spelling
- Woordeboek
- Hoofletter
- Koppelteken
- Deelteken
- Kappie (leesteken)
- Akuut-aksentteken
- Gravis-aksentteken
A - B - C - D - E - F - G - H - I - J - K - L - M - N - O - P - Q - R - S - T - U - V - W - X - Y - Z - Sien ook
🔥 Top keywords: TuisbladSpesiaal:SoekCarles PuigdemontSpesiaal:Onlangse wysigingsErns GrundlingErfenisdag (Suid-Afrika)Casey LaBowJaco JacobsApartheidMiddelmisbruikSuid-AfrikaRyno HattinghNelson MandelaAkteurSeksDeelstate van die Verenigde State van AmerikaGroepsgebiedewetWikibaike: GebruikersportaalFetusBillboard 200BergGenderThanksgivingPornsak SongsaengVolkswagen Polo R WRCWithuisChristine BoissonOngeronde naby-oop-voorklinkerOsama bin LadenMusiekgroepPolarisMuseumProjekbestuurBoogsekondeBloedbad by die Columbine-hoërskoolCollins ChabaneFraktuurMadonnaKilogramSonmassaChristian CookeSveriges TelevisionWikibaike: GeselshoekieMatt GroeningPlautusBen LawsonOssewaBach-Werke-VerzeichnisAirbus A380Gemini 8Liao-dinastieSwangerskapKatoenPatroniemBolognaSelakantJupiterradiusBarbara Eve HarrisAstronomiese eenheidKlaus BondamAstute-klas duikbootMeestersgraad in BesigheidsadministrasieBeloselski-Belozerski-paleisKategorie:AustraliërsTerminologia HistologicaBeleëring12DamPandjabiCanon EOS-1D Mark IIIEssequiboSeksuele identiteitGendun GyatsoHandDan CarterFabergé-eierAdrienne EllisVic MignognaHuisgenoot: Ware LewensdramasHlobaneCamila MendesDesi ArnazCaitlin CarverRhôneLugvaartuigYfVolumeFlorenceville-BristolBilly WarlockGrotBarbara KentBrailleBadja DjolaDoris PackerJohnny Yong BoschCatherine Dale OwenNavigasieChao PhrayaRegte klimming