Voorsetsel

Woordsoort wat gebruik word om posisie of die verband tussen verskillende elemente aan te dui

'n Voorsetsel (of preposisie) is 'n woordsoort wat gebruik word om posisie of die verband tussen verskillende elemente aan te dui. Voorbeelde van voorsetsels is:

op, onder, langs, aan, by, deur, in, naas, om, voor, agter en tussen.

Betekeniswysig

As voorsetsels alleen staan, het dit geen betekenis nie.

  • Bv. op, onder, langs, naby, teenoor, bo-oor, ensovoorts (geen betekenis).
  • Voorsetsels het slegs betekenis as dit saam met ander woord(e) gebruik word:Bv: onder die boom; op die stoel, langs die kas, ens. (meer betekenis)

Voorbeeldewysig

  • Die vrou staan langs die rooi motor.
  • Ons ry elke dag per trein.
  • Kyk hoe lekker spring sy oor die tou!
  • Hy praat al te lekker oor die foon.

Samestellingswysig

  • Samestellings word vas geskryf waar 'n naamwoord + setsel gebruik word, soos in die woorde: beenaf, bekaf, dagin, daguit, padlangs, raadop en stroomaf.
  • Let daarop dat wanneer die naamwoord en setsel as deel van 'n woordgroep gelyke klem dra, die naamwoord en setsel los van mekaar geskryf word, soos in die sinne: Ons het met die kus langs getoer. Hulle het teen die berg op gestap.
  • Wanneer 'n bywoord/byvoeglike naamwoord + setsel gebruik word, word die woorde vas aan mekaar geskryf, soos in die woorde: andersom, langsaan, regaf, voluit en vooroor.

Werkwoordelike verbindingswysig

  • 'n Skeibare werkwoord met 'n setsel as eerste deel word vas geskryf wanneer die setsel die werkwoord direk voorafgaan.

Ek het die kursus aangebied. As ek agterkom dat jy kul, kry jy nul. Jy moet jou kos opeet.

Verbindings met hier, daar en waarwysig

  • Hier, daar en waar word vas geskryf aan die setsels waarmee hulle verbind

Hulle het hieraan/daaraan gedink.Tot hiertoe en nie verder nie.Waarheen gaan ons nou?

Eksterne skakelswysig

Bronnewysig

  • Afrikaanse woordelys en spelreëls, 2017. Kaapstad: Pharos
🔥 Top keywords: TuisbladSpesiaal:SoekCarles PuigdemontPornhubSpesiaal:Onlangse wysigings0 (getal)SeksBernice WestMarie AntoinetteWikibaike: PrivaatheidsbeleidHenry KissingerWikibaike: GeselshoekieWikibaike: GebruikersportaalGordelroosSwangerskapWikibaike: HulpSeksposisieAfrikaansVigsCleopatra VIIKategorie:PlaaswerktuieSlotmasjienGianna MichaelsSuid-AfrikaVingerseksSeksuele penetrasiePampoentjiesEjakulasieMIVWikibaike: Algemene spelfouteBosluisbytkoorsWikibaike: Welkom nuwelingeSeksueel oordraagbare infeksieBreinvliesontstekingKoorsMaselsWikibaike: OmtrentIntensiewe vormAviva PelhamPenisVoornaamwoordAnale seksWikibaike: General disclaimerTuberkuloseBloeddrukNierversakingHartversakingKersfeesDeon MeyerWaterpokkiesSkildklierWikibaike: Nuus vir gebruikersKankerWiki BaikeVergelykings (taalkunde)Orale seksDuitse maselsPornografiese subgenresOutismeMaagsweerVaginaAbstraksie (rekenaarwetenskap)Lys van Suid-Afrikaanse musikanteAlfabetiese lys van Suid-Afrikaanse bomeDie GelofteMangelontstekingMasturbasieLachnaeaTweede WêreldoorlogKategorie:Amerikaanse manlike akteurs van die 20ste eeuMenslike seksuele gedragKersliedjies in AfrikaansLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)Byvoeglike naamwoordAardeJan BloukaasSeksuele opwekkingApartheidHuisgenoot: Ware LewensdramasHartVulvaWikibaike: VoorbladartikelWikibaike: SandputKolorektale kankerSonnestelselLongontstekingPeach van PletzenNic de JagerBorskankerWikimedia-stigtingJavaScriptMaroela MediaAfkortingSlag van BloedrivierHannes StrydomMiddelmisbruikEngelsGalblaasNarsistiese persoonlikheidsteuring