Klankverskynsels
Begrippe soos ronding, ontronding en oorronding
In fonetiek staan begrippe soos ronding, ontronding en oorronding as klankverskynsels bekend.
Rondingwysig
Ronding is die klankverskynsel waar geronde klanke met geronde lippe uitgespreek word.
- Byvoorbeeld, "huil" as "hůil"
Ontrondingwysig
Ontronding is die klankverskynsel waar geronde klanke met spleetvormige lippe uitgespreek word.
- Byvoorbeeld, "deur" as "deer"
Oorrondingwysig
Oorronding is die klankverskynsel waar geronde en ongeronde klanke oordrewe gerond uitgespreek word.
- Byvoorbeeld, "lyk" as "luik" of "ma" as "mo"
Nasaliseringwysig
'n Vokaal en nasale klanke staan langs mekaar; gevolglik neem hulle mekaar se eienskappe aan.
- Byvoorbeeld, g"an"s – gans
Assimilasiewysig
Assimilasie is die gelykmaking van klanke. Daar word onderskei tussen algehele en gedeeltelike assimilasie
- By algehele assimilasie verdwyn die klank heeltemal:
- Byvoorbeeld, ander word anner
- hierdie word hierie
- By gedeeltelike assimilasie word die klank slegs gewysig:
- Byvoorbeeld, aanbrand word aambrand
- onmootlik word ommoontlik
Vokaalreduksiewysig
Vokaalreduksie is wanneer enige vokaal wat tydens uitspraak as 'n "i" klank uitgespreek word.
- Byvoorbeeld, "kolonel" as "kolinel"
Letteruitspraakwysig
Letteruitspraak is die foutiewe uitspraak van 'n woord volgens die spelwyse, wat in stryd is met die beskaaf- en natuurliksprekende moedertaalsprekers se uitspraak.
- Byvoorbeeld, hoenderboudjie pleks van hoenerboukie.