Kaapse grondeekhoring

Die Kaapse grondeekhoring of bloot grondeekhoring (Xerus inauris) (soms verkeerdelik 'n waaierstertmeerkat genoem – dis glad nie 'n meerkat nie – en voorheen ook waaiersterteekhoring genoem) kom in die droë streke van Suider-Afrika voor. Hulle lewe in gate in die grond wat hulle self grawe en wat gemiddeld 700 m² beslaan en 2 tot 100 ingange kan hê. Hulle deel hulle gate dikwels met stokstertmeerkatte en witkwasmuishonde.

Kaapse grondeekhoring
Drie grondeekhorings bespied die omgewing naby Solitaire in die Namibwoestyn, Namibië.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Genus:
Xerus
Subgenus:
Geosciurus
Spesie:
X. inauris
Binomiale naam
Xerus inauris
(Zimmerman, 1780)
Verspreiding
Twee grondeekhorings naby Solitaire in die Namibwoestyn, Namibië

Dieet en afmetings

wysig

Hulle vreet hoofsaaklik plante en sade en sal ook wortels en bolle onder die grond uitgrawe. Hulle drink nie water nie en kry al hulle vog uit hulle voedsel. Volwasse grondeekhorings het 'n gemiddelde lengte van 45 cm, met die mannetjies effens langer (424–476 mm) en swaarder (423–649 g) as die wyfies (435–446 mm en 444–600 g). 

Lewensloop en gewoontes

wysig

Hulle lewe in groepe van 2–3 volwasse wyfies en 'n maksimum van nege onvolwassenes van albei geslagte asook die wyfies se afhanklike nageslag. Een tot drie kleintjies word gebore. So 'n groep beset gewoonlik 'n gebied van sowat 4 hektaar. Groepe met meer as drie wyfies verdeel in kleiner groepe. Volwasse mannetjies leef afsonderlik en kom net by die wyfies as dié op hitte is. Mannetjies kan as tot soveel as 19 onverwante individue saamleef en grootte en lede van die groepe verander gedurig. Grondeekhorings het 'n moontlike lewensduur van tot 15 jaar.

Sien ook

wysig

Bronnelys

wysig

Eksterne skakels

wysig
🔥 Top keywords: TuisbladTegnologieSpesiaal:SoekSpesiaal:Onlangse wysigingsNew YorkJan BloukaasAlgemene Databeskermingsregulasie (GDPR)De Villiers LamprechtKampen, NederlandSeksposisieIsaac NewtonSeksAtoomNew JerseyInligtingstegnologieGregor MendelBaike: HulpBaike: GeselshoekieTweede WêreldoorlogPortland, OregonBaike: GebruikersportaalBasketbalRegulêre uitdrukkingPornhubRob HersovAlaskaAdventVingerseksBaike: OmtrentSeksuele penetrasieSwangerskapFrans-GuyanaNew HampshireLogosCleopatra VIITegnologiese singulariteitAstrologieNew OrleansMin ShawKategorie:Noorse godeBreyten BreytenbachWiki BaikeSuid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)GordelroosNebraskaRochester, New YorkOrale seksGriekse mitologieFibonacci-reeksJada FireLys van Suid-Afrikaanse musikanteMenslike seksuele gedragBaike: SandputNew York (deelstaat)Gregoriaanse kalenderBaike: General disclaimerSendelingposisieBaike: Welkom nuwelingeDuitse maselsSeksuele opwekkingEjakulasieDiamantLys van Afrikaanse televisiereekseTarryn LambGalblaasKersliedjies in AfrikaansKersfeesSkildklierAnale seksPornografiese subgenresNanotegnologieAnilingusLys van bekende Suid-AfrikanersGeologieWhatsAppSlag van BloedrivierSonsteekGoogleBiologieBaike: Nuus vir gebruikersEngelsAngina pectorisAambeieNierversakingJoshua na die ReënChristina Susanna van ZylBaike: Algemene spelfouteBreinvliesontstekingAfrikaansFamilie (biologie)KolitisBloeddrukNommertekenSonnestelselKategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeuDie GelofteNew HavenSteenbras