Danie Odendaal

Suid-Afrikaanse skrywer, TV-vervaardiger en -regisseur

Danie Odendaal (* 23 Januarie 1947 – † 30 Oktober 2024, Langebaan) was ‘n Suid-Afrikaanse skrywer, TV-vervaardiger en -regisseur. Hy was veral bekend as hoofskrywer van Egoli: Plek van goud en vervaardiger van 7de Laan. Odendaal het oor die dekades 'n loopbaan in die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf gevolg. Hy was getroud met die TV-regisseur en aktrise Annie Basson.[1]

Danie Odendaal
Geboorte1947
Sterfte30 Oktober 2024 (op 77)
NasionaliteitSuid-Afrika
Beroep(e)skrywer, regisseur en vervaardiger
Internet-rolprentdatabasis-profiel

Lewensloop

wysig

Odendaal het aan die Universiteit van Stellenbosch, sowel as die Sorbonne-universiteit, in Frankryk, en Trinity College in Cambridge in die Verenigde Koninkryk studeer voordat hy by die SAUK aangesluit het as regisseur aan die begindae van televisie in Suid-Afrika.[2]

Franz Marx het Odendaal in 1992 aangestel as hoofskrywer vir die tweetalige sepie Egoli. Ná agt jaar in dié rol het hy begin om 7de Laan vir SABC2 te vervaardig. Odendaal het vir 15 jaar die uitvoerende vervaardiger van die gewilde plaaslike sepie gebly totdat hy bedank het toe die SAUK 7de Laan se mandaat en styl verander het.[3]

Die veelbekroonde vervaardiger het ook “Egoli: Plek van Goud” vervaardig en onder meer “Dennekruin 12”, “Galery”, “Die man met 'n lyk om sy nek”, “Beelde” en “Saartjie” geregisseer.[3]

Odendaal het in 2019 'n beroerte gehad terwyl hy in Pervillac, Frankryk, gewoon het. Hy sterf op 30 Oktober 2024 in Langebaan na ‘n kort siekbed.[2]

Verwysings

wysig
  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8
  2. 2,0 2,1 Le Roux, Cornelia (31 Oktober 2024). "RIP Danie Odendaal: Founding father of '7de Laan' passes away". Citizen. Besoek op 1 November 2024.
  3. 3,0 3,1 Dipa, Karishma (31 Oktober 2024). "'7de Laan' creator and TV legend Danie Odendaal dies at 77". MSM.com. Besoek op 1 November 2024.
🔥 Top keywords: TuisbladTegnologieSpesiaal:SoekSpesiaal:Onlangse wysigingsNew YorkJan BloukaasAlgemene Databeskermingsregulasie (GDPR)De Villiers LamprechtKampen, NederlandSeksposisieIsaac NewtonSeksAtoomNew JerseyInligtingstegnologieGregor MendelBaike: HulpBaike: GeselshoekieTweede WêreldoorlogPortland, OregonBaike: GebruikersportaalBasketbalRegulêre uitdrukkingPornhubRob HersovAlaskaAdventVingerseksBaike: OmtrentSeksuele penetrasieSwangerskapFrans-GuyanaNew HampshireLogosCleopatra VIITegnologiese singulariteitAstrologieNew OrleansMin ShawKategorie:Noorse godeBreyten BreytenbachWiki BaikeSuid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)GordelroosNebraskaRochester, New YorkOrale seksGriekse mitologieFibonacci-reeksJada FireLys van Suid-Afrikaanse musikanteMenslike seksuele gedragBaike: SandputNew York (deelstaat)Gregoriaanse kalenderBaike: General disclaimerSendelingposisieBaike: Welkom nuwelingeDuitse maselsSeksuele opwekkingEjakulasieDiamantLys van Afrikaanse televisiereekseTarryn LambGalblaasKersliedjies in AfrikaansKersfeesSkildklierAnale seksPornografiese subgenresNanotegnologieAnilingusLys van bekende Suid-AfrikanersGeologieWhatsAppSlag van BloedrivierSonsteekGoogleBiologieBaike: Nuus vir gebruikersEngelsAngina pectorisAambeieNierversakingJoshua na die ReënChristina Susanna van ZylBaike: Algemene spelfouteBreinvliesontstekingAfrikaansFamilie (biologie)KolitisBloeddrukNommertekenSonnestelselKategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeuDie GelofteNew HavenSteenbras