Afrikaanse Wikipedia

Afrikaanse weergawe van Wikipedia

Wiki Baike
Tipe webbladWiki
Taal(e)Afrikaans
RegistrasieOpsioneel
EienaarWikimedia Stigting
OuteurDie gemeenskap
Opgerig16 November 2001
Huidige statusAktief
URLaf.wikipedia.org

Die Afrikaanse Wikipedia is die Afrikaanse weergawe van Wiki Baike, die webgebaseerde vrye-inhoud-ensiklopedie, waar "vrye" na die kopievrye lisensiëring van die projek verwys. Die Afrikaanse weergawe was op 16 November 2001 die 11de Wikipedia om van stapel gestuur te word.[1] Dit beskik tans oor ongeveer 120 116 artikels, en is volgens hierdie maatstaf die 69ste grootste Wikipedia.[2] Wat die aantal biografiese artikels per geslag betref was die Afrikaanse Wikipedia in 2020 die derde mees geslagsgelyke Wikipedia van al die taalweergawes.[3]

Dit gebruik tans MediaWiki weergawe 1.44.0-wmf.5 (d64f667),[4] en word deur gebruikers in Suid-Afrika en Namibië, benewens bydraers in Europa, Noord-Amerika en Oseanië in stand gehou. Die Afrikaanse Wikipedia het tans 399 757 bladsye, waarvan 120 116 artikels is. Dit het 182 487 geregistreerde gebruikers, waarvan 178 as aktief gereken word. Hierdie gebruikers het al 2 714 790 wysigings aangebring en 9 731 lêers opgelaai.

Google Translate gebruik die Afrikaanse Wikipedia as korpus om sy vertaalmodel op te lei.[5]

Verwikkelinge in die Afrikaanse Wikipedia en mediadekking

Op 1 Desember 2005 skryf die taalaktivis dr. Dan Roodt in die Afrikaner (getiteld "Afrikaners moet internet beset", en op 9 April 2007 ook op PRAAG gepubliseer) die volgende[6]

Dit is daarom van die uiterste belang dat Afrikaners vir hulle 'n gebied in die kuberruim moet afbaken. Ten dele is dié proses reeds aan die gang, maar dit moet versnel en verhewig word. Die totale Afrikanergeskiedenis, -kultuur, en -letterkunde behoort vrylik op die internet beskikbaar te wees.

Een manier om dit reg te kry, sou wees om die Afrikaanse weergawe van die sogenaamde Wiki Baike uit te bou. Laasgenoemde is 'n gratis aanlyn-ensiklopedie wat deur vrywillige samewerking in elkeen van die vernaamste tale ter wêreld tot stand gekom het. Tans verkeer die Afrikaanse Wiki Baike in die 46ste posisie wat die aantal gepubliseerde artikels daarin betref, dus nie baie hoog op die lys nie. Myns insiens behoort alle bestaande Afrikaanse kultuurorganisasies en akademici saam te werk om so 'n Afrikaanse ensiklopedie tot een van die grootstes op die internet uit te bou. Afrikaans kan maklik een van die top twintig Wiki Baiketale, naas Engels, Duits, Frans, Spaans, ens. word. Afrikaanse boeke waarop daar nie meer kopiereg bestaan nie, behoort ook stelselmatig op die internet opgelaai te word.

2006: Volgens 'n Duitse akademikus, prof. Andreas Hepp, was dit opvallend hoe die top 15 Wikipedias, met die uitsondering van Japannees en Chinees oorwegend "Westerse tale" was. Hierdie "digitale kloof" is benadruk deurdat Afrikaans wat 43ste op die aktiwiteitsranglys was, ten spyte van sy "koloniale tradisies" die eerste taal in Afrika was om wel 'n mate van vordering te toon. Hy het hierdie tekortkoming aan die algemene "verbindingskloof" toegeskryf, 'n onderafdeling van die "digitale kloof" wat deur faktore soos ontoeganklikheid weens powere, onbekostigbare of afwesige internetverbindings bepaal word.[7]

11 November 2007: Die iCommons-kantore het gasheer gespeel vir 'n Afrikaanse Wikipedia-byeenkoms, as deel van ‘n Wikipedia-week. Internasionale gaste Jimmy Wales, Ndesanjo Macha en Frank Schulenburg, sowel as 'n aantal Afrikaanse Wikipediane waaronder Laurens, RAM, Greenman, Sobaka en lede van die media, het dit bygewoon. Laurens, een van die mees aktiewe Wikipediane by Afrikaans-Wikipedia op daardie stadium het 'n inleidende lesing getitel “Die Afrikaanse Wikipedia - Reusetjie?” gelewer. Laurens het die ontwikkeling van hierdie tot dusver suksesvolste Wikipedia onder die Afrikatale aangebied wat gevolg is deur 'n informele bespreking. Op daardie stadium met sowat 8 600 artikels was Afrikaans-Wikipedia op pad om gou die prestasie van 10 000 artikels te oortref. In verhouding tot die getal van sowat 6,4 miljoen Afrikaans-moedertaalsprekers is dit 'n goeie getal, maar is dit steeds agter taalweergawes soos Deens of Fins. Die groep bogemiddelde aktiewe Wikipediane in die Afrikaanse Wikipedia is tans nog baie klein. Dit was ook nuttig om Ndesanjo, van die Swahili Wikipedia (wat op daardie stadium 'n soortgelyke grootte as Afrikaans was), en Frank, van die Duitse Wikipedia, sowel as plaaslike Wikipediane teenwoordig te hê, aangesien daar interessante oorvleuelings en uitruil van idees tussen die verskillende taalgemeenskappe was. Die gesprek wat op die lesing gevolg het was lewendig, waarin deelnemers ervarings uitgeruil het en besin het hoe die ontwikkeling van kleiner taalweergawes soos die Afrikaanse Wikipedia aktief bevorder kan word. Die persoonlike kontak tussen die skrywers het as een van die sleutelpunte na vore gekom en almal was dit eens dat vergaderings, gereeld in Suid-Afrika moet plaasvind. Daar was groot belangstelling in inligting oor die Duitstalige Wikipedia en oor die idees en projekte wat ons ontwikkel het. Veral die idee van 'n skryfkompetisie is met belangstelling ontvang en dit lyk of die eerste kompetisie van sy soort in Afrika binnekort gehou sal word. Die daarstel van 'n plaaslike Wikimedia Foundation-tak is ook bespreek, en met die momentum wat uit die Wikimania-bod gebou is en die belangstelling rondom Wikipedia-week het dit ook al hoe meer waarskynlik laat lyk. [8][9]

Jana Marais berig op 21 November 2007 die stigter van Wikipedia, Jimmy Wales, het spesiaal na Suid-Afrika toe gekom. Hy maak onder andere indirek melding van die Afrikaanse Wikipedia, wat op daardie stadium 8 600 artikels gehad het.[10] Sy woorde word vertolk:

’n Mens se moedertaal bly jou moedertaal. Dit is eenvoudig makliker om ’n inskrywing oor byvoorbeeld kwantumfisika in Afrikaans of Zoeloe te verstaan, as om dit in Engels te probeer ontsyfer. Daarom wil ons al die kennis in alle tale probeer vaslê.”

1 November 2009 tot 1 Januarie 2010 om middernag (SAST): In navolging van die Nederlandse Wikipedia word die eerste skryfwedstryd gehou. Elke kandidaat (of spanne van twee) skep één nuwe artikel of brei 'n saadjie uit. Die beste drie artikels palm elkeen 'n kontantprys vir sy skrywer(s) in. Burgert Behr wen die eerste prys, vir sy artikel Siberië. Morné van Rooyen word die tweede prys toegeken vir sy artikel Zambië. Die derde prys word aan Voyageur toegeken vir sy artikel Barnsteen. Hansjoseph verdien eervolle vermelding vir sy artikel oor Pous Gregorius XIII. Die beoordelaars was Anrie Hoogendoorn en Arno Barnard. Daar was 14 deelnemers.[11]

Volgens Greenman se webjoernaal in Mei 2013 was die Afrikaanse Wikipedia wel die derde grootste Afrikataal-Wikipedia, maar wat inhoud betref moontlik die beste. Daar is konstante aktiwiteit, groei en 'n gesonde gemeenskap.[12]

2014 - 2015

2014: Professor Ana Deumert skryf 'n paragraaf of twee oor die Afrikaanse Wikipedia in haar artikel "Sites Of Struggle And Possibility In Cyberspace. Wikipedia And Facebook In Africa" wat in die bundel Mediatization and Sociolinguistic Change opgeneem is.[13] Sy bespreek die Afrikaanse, Swahili en Malgassiese Wikipedia, maar doen veral moeite om die probleme by die Xhosa-Wikipedia uit te lig. Xhosa word selfs as 'n "probleemkind" beskou – te midde van sy agtmiljoen sprekers, sy gebruik in die onderwys, regeringspamflette, gedrukte media, televisie en radio en die standaardtaal wat sedert 1820 met die eerste Bybelvertaling sy beslag gekry het, en te midde van Douglas Scott wat ten minste drie werkswinkels aan die Universiteite van Kaapstad, Wes-Kaapland en by die provinsiale regering aangebied het, is die Xhosa-Wikipedia netsowel dood. Die oorsaak hiervan skryf sy toe aan die Engels wat gerieflikheidshalwe eerder gelees word. Die Wikipedia word hoofsaaklik geskryf deur buitelanders ('n Serwiër, Rus, Amerikaner, en Australiër) wat nie een Xhosa magtig is nie: van die Wikipedia word dus eenvoudig 'n prentewoordeboek gemaak. Van 'n Wiki-gemeenskap is daar dus geen sprake nie. Slegs een artikel is by 'n werkswinkel deur 'n Xhosasprekende geskep wat wel plaaslike inhoud bevat het, die res was vertalings uit die Engelse Wikipedia. Maar op Facebook is daar wel lewe – en hier kom nog 'n probleem na vore: terwyl by Wikipedia die neutrale uitkyk (NPOV) verpligtend is, is die skatskis van die Xhosakultuur en -kennis op Facebook weer spontaan. Die behoefte bestaan dus wel om volkskennis en -besit oor te dra en te deel deur 'n digitale medium, maar net nie soseer op Wikipedia nie.

Hierteenoor stel Deumert onder meer die Afrikaanse Wikipedia:

The language is closely related to Dutch and has over six million speakers in South Africa and Namibia. During apartheid, Afrikaans was heavily supported by the government and language-activism has a long history. A fair proportion of its speakers fall into the top income brackets in South Africa, and the language continues to be supported by cultural and political organizations. Access to the internet is not a serious problem, and most contributors are native speakers. There are several high-profile editors who have each contributed several hundred articles (between 200 and 1700). The work can be characterized as a collaborative project in the best tradition of Wiki Baike: although the group of contributors is small (which is typical across Wikipedia, see Panciera et al. 2009), there exists a sense of a community among them.[…]Successful African language Wikipedias require the involvement of native speakers. Yet, issues of access are a concern. Only the Afrikaans Wikipedia – which serves a socio-economically advantaged community – shows consistent and collaborative native speaker involvement.

In die jaar 2014 maak prof. Jaap Steyn in sy boek Ons gaan 'n taal maak ook kortliks melding van die Afrikaanse Wikipedia (bl. 479) deur na 'n Afriforum-nuusbrief (nr. 43) te verwys :

Jan-Carel Brand, 'n medewerker van die Afriforum-nuusbrief het in April 2012 berig dat die Afrikaanse Wiki Baike sy 20 000ste artikel geplaas het. Die inhoud word volledig deur vrywilligers in hul vrye tyd geskep en die teks word onder 'n Creative Commons-lisensie versprei. Dit beteken dat die teks gekopieer, gedeel en versprei kan word sonder dat enige kopieregskendings plaasvind. Die Nederlandse Wiki Baike het kort tevore sy miljoenste artikel gepubliseer.

21 Maart 2014: By die "Symposium Digitaal Afrikaans: Internet en de Afrikaanse literatuur" in die Afrika-studiesentrum, te Leiden, Nederland, bevind die huiswikipediaan Hans Muller daar is heelwat moontlikhede sover dit die Afrikaanse literatuur aangaan op die Afrikaanse Wikipedia. Die Afrikaanse Wikipedia beklee met 30 000 artikels nog die derde posisie van die Afrikatale wat artikeltal betref. Al is die aantal sprekers minder as dié van Swahili en Hausa, is die aantal Wikipedia-artikels laer by die laasgenoemde twee tale. Op hierdie stadium is daar nog baie Afrikaanse skrywers wat nog geen artikel het op die Afrikaanse Wikipedia nie; maar wel in Engels en Nederlands. Verder is daar min foto's en soortgelyke beeldmateriaal van die betrokke skrywers te vinde, of die gehalte daarvan (soos die foto van Antjie Krog) kan beter wees. Die artikel rondom die literatuur in Afrikaans het ook vasgesteek by die literatuurgeskiedenis van Rob Antonissen uit 1955.[14]

3 Junie 2015: Unisa se Academy of African Languages and Science (AALS) hou 'n werkswinkel. Die sprekers is onder meer prof. Laurette Pretorius; die Russiesgebore Israeli van Wikimedia Amir Aharoni, en Nozibele Nomdebevana. Van die besprekingspunte is die uitbou van die verskillende Wikipedias in 'n veeltaligheidskonteks deur vertaling en opleiding. Ook die Afrikaanse Wikipedia word hierby betrek. Op 11 Junie 2015 word 'n kort oorsig op Unisa se webwerf geplaas.[15] Prof. Pretorius skryf:

‘South African indigenous languages are orders of magnitude smaller than the others. Afrikaans is faring best with 35 491 articles, while there are no articles in Ndebele. If we say that we are living inside the digital space and people are looking for information more and more online, on Wikipedia, for example, then this tells us that they are not doing it in their own languages. We have this interesting disconnect that we all deal with; in our social/physical life we use a certain language, in our digital life another – in the case of South Africa, this is usually English. That creates some tension and is something we should be addressing. But all is not lost. We still have some of the big languages in the world, with all of our languages having more than one million speakers.’

2 Oktober 2015: Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns hou in samewerking met die Prisma Leeskring in Centurion 'n simposium. Hier lewer prof. Laurette Pretorius, professor in rekenaarwetenskap aan Unisa, 'n pleidooi dat meer inskrywings in die Afrikaanse Wikipedia gemaak moet word, omdat Afrikaans se voortbestaan in die digitale ruimte in 'n groot mate daarvan afhang.[16]

Op 1 November 2015 praat prof. Laurette Pretorius op die RSG-program "Die tale wat ons praat" oor die Afrikaanse Wikipedia.[17]

2016

14 Januarie 2016: RSG-omroepers Martelize Brink en Johan Rademan voer 'n onderhoud met Deon Steyn, wat sedert 2015 op die raad van WikimediaZA dien.[18]

Op 28 Januarie 2016 word onder die opskrif "Afrikaanse Wikipedia kry groot aftrek" in Die Burger die 15de verjaarsdag van die algehele Wikipediaprojek (wat ander tale omvat) gevier. Op daardie tydstip was daar sowat 38 400 artikels by die Afrikaanse Wikipedia. Die artikels wat die meeste gewysig is, is onder meer "Alfabetiese lys van visse", "Lys van Suider-Afrikaanse visse volgens wetenskaplike name" en "Jesus van Nasaret". In die berig word spesifiek gelet op Morné van Rooijen se belangstellings.[19]

In 'n onderhoud geplaas op 6 en 13 Februarie 2016 in die Beeld en Volksblad onderskeidelik, sê prof. Gerhard van Huyssteen die navorsing wat in 2013 gedoen is dui dat byna 40% van Afrikaanse taalmense (vertalers, dosente, onderwysers) salig onbewus was van die Afrikaanse Wikipedia. Die Afrikaanse Wikipedia haal, wat artikeltal betref, die 86ste posisie uit 291 tale, met amper 40 000 artikels; gevolg, binne die Suid-Afrikaanse omgewing, deur Noord-Sotho met byna 3 000 artikels.[20][21]

In Maart 2016 skuif Deon Steyn op die ontbytprogram, Dagbreek, op die KykNET-kanaal, agter die mikrofoon in.

20 April 2016: Maroela Media kondig aan hul sal voortaan saam met Unisa en ander liefhebbers van Afrikaans die Afrikaanse Wikipedia help uitbrei. Die fokus is skoolvakke gerig op graad vier tot twaalf, soos die kurrikulum stipuleer. Afrikaanse digters en skrywersprofiele word ook op gefokus. Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK) sal weer op die Afrikaanse geskiedenis fokus. Gratis opleiding sal verskaf word aan iedereen wat bereid is om met die projek te help.[22]

22 April 2016: Die redaktrise van Maroela Media, Susan Lombaard, skryf die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, Viva (Virtuele Instituut vir Afrikaans), die Dagbreek Trust en Unisa sal kragte saamspan om skrywers, vertalers en vrywilligers saam te roep en te organiseer. Opleidingsessies is gehou en skoolkurrikula is deurgesif watter onderwerpe eerste aangepak moet word. Ondertussen het die e-posse ingestroom van voornemende vrywilligers.[23]

April/Mei 2016: Na aanleiding van die simposium op 2 Oktober 2015, beskryf Lilla Fourie in Plus 50 in die artikel getiteld "Die Afrikaanse Wikipedia: seniors kan 'n groot bydrae lewer" die belang van die uitbou van die Afrikaanse Wikipedia.[24] Pretorius wys daarop terwyl Afrikaans al hoe meer onder druk staan by skole en op universiteit en by die werkplek (die fisiese ruimte), het Afrikaanssprekendes toenemend meer na die digitale ruimte beweeg; die Afrikaanssprekende moet die taal egter met hom saamneem. 49% van die Suid-Afrikaanse bevolking van 54 miljoen mense het internettoegang; en waar daar 'n vraag na Afrikaans mag wees, moet daar 'n aanbod wees. Sy noem die Hongaarse rekenaar-taalkundige, András Kornai, het reeds in 2013 sy bevindings publiseer: "Die fisiese dood van 'n taal kom voor wanneer dit geen gebruikers en geen funksie in die samelewing het nie […] terwyl die taal digitaal begin sterf wanneer hy nie digitale funksies verwerf teen die pas waarteen sy sprekers digitale vaardighede verwerf nie." Hier kan die Afrikaanse Wikipedia van groot waarde wees, omdat die Afrikaanse Wikipedia deur soekenjins onttrek en geberg word – hoe meer Afrikaans daar is, hoe meer is die Afrikaanse teenwoordigheid in die digitale ruimte. Ten tyde van die skrywe het die Engelse Wikipedia "meer as 5 miljoen artikels van goeie gehalte, terwyl die Afrikaanse Wikipedia, wat reeds in 2001 begin is, in totaal slegs 39 500 artikels het waarvan talle kort en van mindere gehalte is". Vergeleke met sy aantal sprekers, het Afrikaans 'n agterstand en meer mense sal van die Engelse Wikipedia gebruik maak, wat kan aanleiding gee tot taalverskuiwing. Volgens die artikel is daar 'n groot vraag na kundiges wat nuwe artikels kan skryf, wat goeie artikels uit anderstalige Wikipedias kan vertaal, vrywillige redigeerders en enigiemand wat jongmense kan aanspoor om mee te doen.

In hul nuusbrief van April 2016 word die Akademie se Afrikaanse Wikipediaprojek kortliks bekendgestel. Dit is 'n afdruk van Fourie se artikel wat in Plus50 verskyn het.[25]

Junie 2016: Prof. Laurette Pretorius se vaktydskrifartikel, Die rol van die Afrikaanse Wikipedia in die uitbou van Afrikaans word in Tydskrif vir Geesteswetenskappe gepubliseer.[26]

In dieselfde uitgawe, publiseer professor Gerhard van Huyssteen, Alex Antonites en Melodi Botha 'n ondersoek oor die leefbaarheid van die Virtuele Instituut vir Afrikaans, en hoe die Afrikaanse Wikipedia daarby betrek word[27]

3 Junie 2016: Maroela Media stel drie opleidingsvideo's beskikbaar hoe Afrikaanse artikels vir Wikipedia vertaal en geskryf kan word; omrede baie vrywilligers nie werkswinkels in die stede kan bywoon nie.[28]

6 Junie 2016: 'n Insetsel op eNuus (Dstv) verskyn (te danke aan Maroela Media) waarin die bewusmaking van die Afrikaanse Wikipedia voortgesit word. Die video-insetsel toon die opleidingskursus te Centurion op 4 Junie 2016[29]

16 Augustus 2016: 'n Artikel word spesiaal toegewy aan Sören Pfauder (Gebruiker:SpesBona), 'n Duitser van Brandenburg wat Afrikaans self baasgeraak het deur sy betrokkenheid by die Afrikaanse Wikipedia. Onder meer is dit die taalverwantskap en -geskiedenis wat hom die meeste omtrent die taal boei. Hoewel hy sedert 2006 op die Duitse Wikipedia betrokke was, is hy sedert 2010 doenig op die Afrikaanse Wikipedia. Ook sy belangstellings word in die artikel genoem.[30]

14 September 2016: Maroela Media berig oor 'n buitengewone Wikipedia-artikel geskep deur Jeanne-Marie Lombard, getiteld Larry (kat).[31]

11 Oktober 2016: Die Afrikaanse Wikipedia het reeds 41 916 artikels, luidens Maroela Media. Een bydraer wat uitgelig word is dr. Estelle Kruger, ouddosent aan die Universiteit van Stellenbosch. Kruger het besef haar ou akademiese artikels kan onder die stof uitgehaal word, meer toeganklik gemaak word vir die algemene publiek, en opnuut waarde verkry.[32]

10 November 2016: Hoewel dit 10 jaar geduur het om 20 000 artikels op Wikipedia te bereik, het die getal artikels binne slegs vyf jaar verdubbel tot bykans 43 000. Wikipedia (die hele organisasie) se 15de verjaarsdag is ook op 12 November om 18:00 gevier by die Twankey Bar, Taj Hotel, Waalstraat, Kaapstad.[33]

22 November 2016: Binne slegs twee maande het die hoeveelheid Afrikaanse artikels vanaf 41 000 artikels gebokspring na 42 000 – iets wat tot op daardie datum vir die betrokke Wikipedia nog ongehoord was.[34]

2017

16 Februarie 2017: 'n Nypende tekort aan artikels rakende tegnologie, sportsterre, die wetenskap en finansies word gevoel. Volgens Deon Steyn word daar ook nie meer feitegidse oor skepe of naaldwerk in Afrikaans uitgegee nie – die onus rus dus alleen op die Afrikaanse Wikipedia om die verskil te maak.[35]

April 2017: In die nuusbrief van die Akademie nooi prof. Laurette Pretorius Akademielede en liefhebbers van Afrikaans uit om die Afrikaanse Wikipedia te help uitbou (werkswinkels is in Junie, Julie en Augustus in die vooruitsig). Die ensiklopedie het met die skryf van die nuusbriefartikel 44 462 artikels bereik en is die 84ste grootste. Sy stel dit duidelik wat die Afrikaanse Wikipedia is, en nié is nie, juis omdat daar misverstande ontstaan het:[36]

Ek wil ook graag 'n oomblik stilstaan by wat Wikipedia NIE is nie omdat daar steeds misverstande hieroor bestaan wat op die lange duur die Afrikaanse Wikipedia heelwat skade kan berokken. Wikipedia is nie 'n argief nie, dit is nie 'n reklamebladsy nie, dit is nie 'n korporatiewe of persoonlike webblad nie en bowenal is dit nie 'n stortingsterrein vir enige soort Afrikaanse tekste wat instansies of persone ook al beskikbaar stel nie. Al sou hierdie soort stof nuttig en selfs uniek wees, moet dit steeds eers tot bona fide-ensiklopediese artikels verwerk word voordat dit in Wikipedia gepubliseer kan word. Dus is daar geen kortpaaie of kitsoplossings nie. Kundige Afrikaanssprekendes moet gewoon skouer aan die wiel sit en ensiklopediese artikels van hoë gehalte in Afrikaans skryf, vertaal en redigeer.

20 Julie 2017 (14:00 SAST). Professor Laurette Pretorius bied by die Vrystaat Kunstefees die program "Afrikaanse Wikipedia – maak die kuber jou erns" aan vir belangstellendes wat die projek wil ondersteun. Die toegang is gratis.[37]

Op 21 Augustus 2017 word die Afrikaanse Wikipedia (onder leiding van Maroela Media) as die tweede Afrikaanse digitaliseringsprojek in Afriforum se nuusblad op die agenda gelys:[38]

'n Tweede Afrikaanse digitaliseringsprojek is Maroela Media se Afrikaanse Wikipedia-blad. Daar is tans 46 443 artikels op dié blad gelaai, maar volgens Keren van den Berg, projekkoördineerder van die Afrikaanse Wikipedia-blad, is dit maar min vergeleke met blaaie van tale soos Engels, Duits, Frans, Hollands, Pools en Russies. “Enige persoon wat deel van hierdie projek wil vorm, kan na die instruksievideo op Youtube gaan kyk onder Afrikaanse Wikipedia-opleidingskursus.”

2018

4 Maart 2018: Marlinée Fouché voer 'n onderhoud met Deon Steyn. Die Afrikaanse Wikipedia is 86ste op die artikelranglys, met meer as 48 000 artikels; in Suid-Afrika staan Noord-Sotho as Afrikataal tweede, met meer as 7 000 artikels (grootliks te danke aan 'n Afrikaanssprekende self wat daar betrokke is, Aliwal2012). Steyn benadruk dat die buitelanders wat bydra tot die Afrikaanse Wikipedia vir sowel die Afrikaanse as Wikigemeenskap baie werd is, aangesien Suid-Afrikaners nie altyd toegang tot buitelandse bronne het nie.[39]

21 Mei 2018, 27 Junie 2018 en 5 November 2018: Maroela Media doen weer 'n beroep op sy lesers om by Wikipedia aan te sluit: "Dit is elke Afrikaanssprekende se plig om kennis na te laat sodat die volgende generasie daarop kan voortbou".[40][41][42]

6 Junie 2018: Die Katalaanse navorsers Marc Miquel-Ribé en David Laniado bevind die Afrikaanse Wikipedia se intertaalskakels kom, net soos dié van die Swahili-, Estiese en Yslandse Wikipedia, 7 tot 11 keer minder in kultuurgebonde artikels (Cultural Context Content) voor. Dit toon dat tale soos Engels, Frans, Koreaans, Duits en Italiaans (wat byna net soveel intertaalskakels met kultuurgebonde artikels toon) 'n groter kulturele uitoefening op ander tale waarskynlik het. Dit beteken taalstatus en ontwikkeling van 'n Wikipedia kan 'n groot invloed uitoefen of hierdie artikels in ander tale geskep sal word, aldan nie. Op hierdie stadium staan die persentasie kultuurgebonde artikels in die Afrikaanse Wikipedia op 19,2%, op gelyke skaal met Italiaans, maar heelwat hoër as die tale met aansienlik baie bot-geskepte artikels, soos Nederlands (7,8%) en Sweeds (11,4%), laat staan nog Cebuano (0,1%).[43]

Desember 2018: Prof. Jako Olivier ondersoek in sy vaktydskrifartikel verdere moontlikhede wat die Afrikaanse Wikipedia bied. Hy bevind die Afrikaanse Wikipedia groei nie noodwendig so vinnig nie, bloot omdat die Afrikaanstalige leser ewe maklik homself met die Engels kan help, maar bly positief: "Daar moet dus voortgebou word op bestaande goeie praktyke waaronder die gebruik van wiki-inisiatiewe soos die Afrikaanse Wikipedia tel."[44]

2019

2019: In die huldigingsbundel opgedra aan Jaap Steyn, vra prof. Wannie Carstens hom af in sy bydrae 'Geskiedskrywing en beskrywing van Afrikaans: Wat is daar nog te sê?':[45]

Hoe word die voordele van tegnologie benut om Afrikaans uit te bou? Wat hou die werk van die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) in (vergelyk Van Huyssteen & andere 2016) en hoe kan dit ten beste benut word? Hoe kan VivA uitgebou word? Hoe kan die Afrikaanse Wikipedia ingespan word in die belang van Afrikaans (kyk Pretorius 2016)?

28 Februarie 2019: Die Afrikaanse Wikipedia het om en by 70 000 artikels bereik. Maroela Media voer 'n onderhoud met Deon Steyn. Volgens hom groei die aantal artikels vinnig, maar nie vinnig genoeg na sy sin nie. Daar is ook 'n behoefte aan diegene wat bereid is om (deeglik literêre) navorsing te doen. Gegewe die koste van gedrukte media wat wêreldwyd sy tol eis, wat Afrikaans ook beslis nie oor die hoof sien nie, kan die Afrikaanse Wikipedia help om inligting goedkoop, vinnig en gerieflik beskikbaar te stel (nie juis asof daar enige ander alternatief is nie); foute kan onmiddellik reggestel word. Selfs ou volksname in die diere- en planteryk kan vir die nageslag so bewaar word.

Steyn vertel hoe hy self in sy ledige uurtjies (in die jaar 2009) by die Afrikaanse Wikipedia betrokke geraak het: dit het hom (bo en behalwe sy vyftien jaar ondervinding) vooraf drie maande geduur om die korrekte terminologie te versamel vir sy heel eerste artikel, optiese vesel. Die artikel is baie gunstig deur die Wikipediagemeenskap ontvang. Dit het hom aangemoedig om nog meer artikels te plaas. So ongemerk is daar altyd 'n tydjie wat afgeknyp en produktief benut kan word.[46][47]

16 Mei 2019: Volgens 'n Katalaanse navorser, Marc Miquel-Ribé, toon die Afrikaanse Wikipedia 'n "Europese karakter" in die sin dat hy, net soos die Europese tale, self plaaslike inhoud skep en gebruik. Terwyl die Engelse en Japannese Wikipedia se plaaslike inhoud meer as 50% beslaan, en die Duitse, Franse en Italiaanse en Katalaanse Wikipedias se plaaslike inhoud ongeveer 33,7%, 26,9%, 18,8% en 17,9% onderskeidelik uitmaak, staan die Afrikaanse Wikipedia ook op 'n heel gesonde 23,9%:[48]

Even though I have not yet verified whether this higher reader interest in CCC (“Cultural Context Content”) articles applies to all language editions, the hypothesis “context-encyclopedia-key-ingredient-to-success” is very plausible. In smaller Wikipedias with little traffic, we see the inverse trend. For instance, in some African vernacular languages, the proportion of articles dedicated to their context is very low. Considering 39 Wikipedia language editions in Africa, the average proportion of articles dedicated to each cultural context is 11.1% (median 13.8%). Why is that so? Because these languages are often relegated to a private use while English or French is used for education and official matters. Only Afrikaans — a language with a social situation similar to European languages — has 23.9% of content dedicated to its context. Hence, we can say that cultural context content creation and consumption is a good indicator of a healthy Wikipedia in a society.

Van hierdie tale word getabelleerd in 'n ander vaktydskrifartikel aangegee:[49]

ISO-kode van WikipediaArtikelsCCC%
ca (Katalaans)584 76017,1
de (Duits)2 195 30833,7
en (Engels)5 676 57344,2
fa (Persies)629 12521,9
gn (Guaraní)71519,9
ja (Japannees)1 110 61751,0
ms (Maleisies)306 05522,1
ru (Russies)1 481 56032,2
sw (Swahili)42 42219,0
zu (Zoeloe)1 11114,22

Toe die Afrikaanse Wikipedia egter 79 525 artikels bereik, word slegs 13 235 daarvan as plaaslike inhoud gemerk – die plaaslike inhoud daal daar en dan tot 16,64%.[50]

Augustus 2019: 'n Simposium is op 29 Julie 2019 deur die Akademie aangebied. Die Afrikaanse Wikipedia het sowat 83 700 artikels bereik. Die doel van die simposium was om verskeie belangegroepe uit die Afrikaanse taalgemeenskap byeen te bring "om te besin oor die aangewese weg na 'n stewig bevolkte Afrikaanse Wikipedia." Teenwoordig was die verteenwoordigers van WikimediaZA, Maroela Media, die SA Vertalersinstituut (SAVI), die Afrikaanse Taal- en Kultuurvereniging (ATKV), die Afrikaanse Taalraad (ATR), South African Centre for Digital Language Resources (SADiLaR) en die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA). Een probleem wat veral uitgesonder is, wat voortgespruit het uit die aard van die vertaling van bestaande inhoud, is die gebrek aan sekere geskikte vakterminologie. Daar is op verdere opvolgbyeenkomste besluit, die Akademie bied sy steun aan die Afrikaanse Wikipedia, geen ander spesifieke besluite is nog geneem nie, met die uitsondering van die rol van die Afrikaanse taalgemeenskap as geheel wat benadruk is. Prof. Laurette Pretorius (die Akademie se Wikipedia-koördineerder) beplan nog 'n werkswinkel, terwyl prof. Gerhard van Huyssteen (vak)terminologieontwikkeling deur 'n terminologienavraagdiens (wat deur VivA as projekvoorstel nog verwerk moet word) as plan geopper het.[51]

14 Augustus 2019: Ter viering van sy 10-jarige betrokkenheid by die Afrikaanse Wikipedia, skryf Suidpunt op PRAAG 'n artikel wat 'n paar probleme en geleenthede uiteensit, maar ook sy algemene belewenis van die organisasie die afgelope dekade.[52]

3 Oktober 2019: In die Solidariteitbeweging se oorsig "Bou om te bly: Op pad na 2030" is een toekomsdoelwit: "Afrikaanse inligting in digitaal naslaanbare formaat, soos die Afrikaanse Wikipedia, moet algemeen beskikbaar wees, veral wat inligting verwant aan skoolkurrikulums betref."[53]

23 Oktober 2019: Die ou Afrikaanse feitegidsstel, Wêreldspektrum, is volledig by die Afrikaanse Wikipedia bygewerk en geïntegreer.[54]

18 November 2019: Die Afrikaanse Wikipedia sit nou wel met meer as 85 000 artikels, maar 23 265 daarvan is saadjies. Om hierdie rede word die tweede Ontkiemingskompetisie vanaf 15 Desember 2019 tot 15 Januarie 2020 gehou. Die prys is Amazon.com-geskenkbewyse vir die eerste tot derde posisie. Rossouw van Rooyen, 'n Namibiër, het die heel eerste ontkiemingskompetisie (15 Desember 2018 tot 15 Januarie 2019) gewen,[55] gevolg deur Sobaka en Burgert Behr in die tweede en derde plek onderskeidelik. Daar was in die 2018/2019-kompetisie slegs ses deelnemers betrokke.[56] By die 2019/2020-kompetisie was daar 10 deelnemers; die wenners is Sobaka (1ste plek), Burgert (2de plek) en Wyatt Tyrone Smith (3de plek).

Desember 2019: Paleontoloog François Durand is veral bekommerd oor Afrikaanse bronne (by name vaklektuur) wat nie so geredelik beskikbaar is op die internet (om gemaklik by die Afrikaanse Wikipedia in te weef nie):[57]

Daar is projekte, ook van Akademielede se kant, om Afrikaans op byvoorbeeld Wikipedia te vestig en daardie projekte moet heelhartig deur ons almal ondersteun word, maar daar is baie meer om te doen. As daar niks oor paleontologie op die internet in Afrikaans is nie, is dit duidelik omdat ek nog niks daaroor daar geplaas het nie. Dieselfde geld vir elke ander vakgebied. Niemand anders as onsself kan vir hierdie afwesigheid van Afrikaans op die internet geblameer word nie.

2020

26 Januarie 2020: Prof. Laurette Pretorius gesels op Radio Sonder Grense se program: Taaldinge.

Ses punte word uitgelig.
Ten eerste: Op grond van die Commons-lisensie-ooreenkoms is die publiek verplig om Wikipedia as bron te erken, indien van die inligting gebruik is.
Ten tweede: Die gehalte het te make met hoe lank die artikel is, hoeveel verwysings gegee word, hoe gebalanseerd die artikel geskryf is en hoe gereeld die artikel op datum gehou word. Die dekking van onderwerpe moet ook so wyd moontlik wees.Maar vergeleke met 'n groot internasionale taal soos Engels sou dit onbillik wees om Afrikaans met Engels te vergelyk. Pretorius fokus daarom op Katalaans, Moderne Hebreeus en Afrikaans.
Sy bevind Katalaans het, te midde van 4 miljoen moedertaalsprekers meer as 630 000 Wikipedia-artikels, waarvan die artikelgehalte, net soos die Duitse Wikipedia, oor die algemeen baie goed is. Sy beskou die Katalaanssprekendes as taalpatriotte in murg en been.
Moderne Hebreeus (Iwriet) het weer 5 miljoen moedertaalsprekers en het min of meer 254 000 Wikipedia-artikels; Iwriet se ontstaansgeskiedenis loop, net soos Afrikaans s'n, deur die 19de en 20ste eeu. Die Moderne Hebreeuse Wikipedia het weer strenger verwerpingsreëls as die Engelse Wikipedia s'n – nie enige artikel kan dus, net soos by die Engelse Wikipedia, sommer net geskep en aanvaar word nie. Die Hebreeussprekende akademie is wel ten nouste betrokke by hul Wikipedia, en van tyd tot tyd word skryfprojekte geloods waarby van die hoogste deskundiges en navorsers uit die Hebreeuse taalgemeenskap betrek word: 'n dure les vir die Afrikaanse Wikipedia.
Afrikaans het 7,2 miljoen moedertaalsprekers. Dus, heelwat meer as die Katalaans- en Hebreeussprekendes wat getalle betref, maar die aantal Wikipedia-artikels dobber tussen 86 000 en 87 000 rond. Die artikels is oor die algemeen bitter kort. Gevolgtrekking: die Katalaanse en Hebreeuse Wikipedia dien as rolmodelle.
Ten derde: Die belang van 'n goeie Afrikaanse Wikipedia is drieledig: die aanvraag is daar, dit beïnvloed die soekenjinalgoritmes (wat beter soekresultate in Afrikaans meebring) en einde ten laaste sal beter en uitgebreide taalgebruik noodwendig lei tot beter taaltegnologie (soos masjienvertalings, speltoetsers, ens.)
Ten vierde: Omrede die leefwêreld van elke taal en sy sprekers (en hul taalvaardigheid en -diversiteit) verskil, sal die bronne en verwysings van elke afsonderlike Wikipedia ook verskil; daarom word nie elke bron ter wêreld ongelukkig gelys nie. Maar Pretorius vind dit ironies hoe die mensdom gou Wikipedia.org kan afkraak oor onakkuraatheid, maar tog te gewillig antwoorde google – antwoorde wat tog uit die lug gegryp word, vernaamlik dié van die Engelse Wikipedia.
Ten vyfde: Pretorius identifiseer die verskillende rolle en funksies waarby vrywilligers op die Afrikaanse Wikipedia betrokke kan raak. Sy bedank in die besonder die 14 administrateurs by die Afrikaanse Wikipedia vir hul onbaatsugtige diens. Die Hebreeuse Wikipedia het 37 sulke vrywilligers en die Katalaanse Wikipedia 21.
Laastens bespreek sy kortliks die eerskomende werkswinkel (30 Januarie 2020) en die betrokkenheid van die Akademie. 'n Handleiding wat by die Akademie se webwerf beskikbaar sal wees, is in die vooruitsig gestel.[58]

30 Januarie 2020: Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns hou 'n werkswinkel waar die uitbreiding van die Afrikaanse Wikipedia bespreek word.[59][60]

2020 Peter Dirix, Liesbeth Augustinus en Frank Van Eynde jukstaponeer die ganse Afrikaanse Wikipedia tekskorpus van Julie 2016, toe nog met 40 820 artikels en 13,2 miljoen woorde, met die Taalkommissie se tekskorpus in hul artikel, IPP in Afrikaans: a corpus-based investigation and a comparison with Dutch and German rakende die infinitivus pro participio. Hierdie gedeelde taaleienskap is te vinde in Duits, Afrikaans en Nederlands waar mens die ge- kan of soms moet weglaat: "Ek het Johan 'n roman (ge)sien skryf" of "wat ek wou vra:" (i.p.v. "wat ek wou gevra het:"). Dit is afwesig in die Engels, Fries en Jiddisj. Afrikaans het minder IPP's as in Nederlands, maar wel meer as in die Duits. Pseudo-koördinasies soos byvoorbeeld "sit en lees", "lê en lees", "staan en praat", "loop en dink", "gesit en wag" kom aansienlik minder by die Afrikaanse Wikipedia voor. Ook is IPP's gevind in die Taalkommissie se korpus m.b.t. "kom", "bly", "ophou", "probeer", "durf", "laat" en "leer", wat weer by die Afrikaanse Wikipedia afwesig is. Die rede vir hierdie verskil is heel moontlik toe te skryf aan die Taalkommissie se korpus wat niestandaardvorme opgeneem het.

September 2020ː Die Afrikaanse Wikipedia het die Malgassiese Wikipedia verbygesteek wat hoeveelheid artikels betref en sodoende, die grootste Afrika-wiki volgens artikels geword, besuide die Sahara.

November 2020: Luidens 'n verslag van Greenman verkeer die Afrikaanse Wikipedia, wat Afrikataal en artikeltal betref, in die tweede posisie omrede die Egipties-Arabiese Wikipedia hom verbygesteek het (hoofsaaklik weens botgeskepte artikels). Afrikaans het nog nie 100 000 artikels bereik nie, terwyl die Egipties-Arabies in Junie 2020 alleen 257 000 byna oornag geskep het. Daar is egter slegs 29 aktiewe bydraers en die gehalte van die artikels van laasgenoemde Wikipedia laat veel te wense oor. Die Afrikaanse Wikipedia lyk wel belowend. By die Afrikaanse Wikipedia was daar 50 aktiewe bydraers, waaronder Gebruiker:Oesjaar en Gebruiker:Aliwal2012 elkeen 1 000 wysigings in Oktober alleen aangebring het. Die Swahili Wikipedia toon ook 50 aktiewe bydraers in dieselfde maand, maar die hardwerkendstes onder hulle is nie moedertaalsprekers nie – dit besorg allerlei moeilikhede vir die groei van hierdie projek.[61]

Desember 2020: Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns gee 'n Wikipedia-handleiding uit, Die Afrikaanse Wikipedia en hoe om by te dra, saamgestel deur Gideon Kotzé en Laurette Pretorius.

22 Desember 2020 tot 15 Januarie 2021: Vir die derde agtereenvolgende Desember word die jaar oudergewoonte afgesluit en die nuwe tegemoet geloop met die jaarlikse Ontkiemingskompetisie, wat 'n maand lank duur. Geskenkbewyse ter waarde van R2000, R1500, R1000 en R500 vir die 1ste, 2de, 3de en 4de plek onderskeidelik is op die spel. Die sommetjie wengeld is deur Wikimedia ZA beslis.Sobaka (1ste), Burgert Behr (2de), Wyatt Tyrone Smith (3de), Aliwal2012 (4de) is die wenners van die 2020/2021-kompetisie. Daar was 8 deelnemers.[62]

2021

16 Januarie 2021, 15:15. Op Pretoria FM voer Elsje van Jaarsveld 'n onderhoud met Deon Steyn, laasgenoemde op 6 deser reeds 12 jaar betrokke by die projek. By die Afrikaanse Wikipedia self het hy min of meer al 128 000 wysigings aangebring. Sy grootste wens is dat 100 000 artikels teen 15 November op die Afrikaanse Wikipedia bereik word, en meer gebruikers, of proeflesers sal aansluit.

Ten tyde van die onderhoud is die artikelstand van die Afrikaanse Wikipedia om en by 95 650; tydens die vorige onderhoud 3 jaar tevore was dit 34 000; toe Steyn in 2009 aangesluit het was dit ongeveer 17 000. Die projek is tans die 71ste grootste Wikipedia uit oor die 300 tale, en, minstens wat inhoud betref, die grootste Wikipedia in 'n Afrikataal.

Die doelstelling om 100 000 artikels voor 16 November te bereik is bloot 'n nuwe mylpaal voor oë; om in 'n nuwe (medium)groot kategorie ingedeel te word. Dit kan byna digterlik beskou word as die aanbreek van 'n stralende nuwe hoofstuk vir Afrikaanse Wikipedia; of 'n motor wat 100 000 km agter die blad het. Gewis sal die Afrikaanse Wikipedia egter dan ook 'n nuwe blaadjie moet omslaan wat die organisering betref: want nou is dit 100 000+ artikels wat in stand gehou, op datum gebring en voortdurend bygewerk moet word. Die las raak nie minder nie.

Van Jaarsveld stel voor die aanbreek van die 100 000-kerf moet met 'n reuse partytjie luisterryk gevier word. Steyn sê 'n datum is reeds vasgemaak met die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir die 20-jarige viering; die reëlings is reeds uitgeklaar met prof. Anne-Marie Beukes. Daar sal op hierdie dag kennis en ondervinding uitgeruil word, asook potensiële nuwe gebruikers gewerf word.

Die Afrikaanse Wikipedia self word 20 jaar oud op die 16de November 2021; al is die Afrikaanse Wikipedia die dertiende oudste weergawe, het ander jongeres hom verbygesteek – en dit bloot weens die tekort aan mannekrag. In Europa is veral die studente baie meer betrokke en rekenaarbedrewe; Suid-Afrika het nog 'n agterstand hiermee en die leeslus (vir die opdoen van agtergrondkennis om te kan bydra) is ook maar nie altyd daar nie.

Afgesien van 'n bydrae tot die samelewing en naastediens, is daar steeds 'n geweldige tekort aan gedrukte vakliteratuur in Afrikaans (met, in ag genome, dat die digitale medium veral op die huidige oomblik sake vergemaklik), is die antwoord op die vraag waarom dit belangrik is om tot die Afrikaanse Wikipedia by te dra. Die Afrikaanse gedrukte bronne is trouens al so uitgeput dat daar toenemend na Engelstalige bronne gegryp word.

Nuwelinge wat wil aansluit word gevra om as gebruikers te registreer; dit vergemaklik kommunikasie waar 'n gewone IP-adres nie kan nie. Daarmee klaar, kan die individu oor enige onderwerp skryf. Hulp kan verleen word op die betrokke artikel se besprekingsblad, die Geselshoekie en op die Facebookblad (Afrikaanse Wikipedia). Daar is veral 'n tekort aan vakkundige proeflesers (spesiale vermelding word gemaak van 'n “goeie gebruiker wat eksjoernalis is; 'n pensioenaris” as voorbeeld); soms moet die hulp van die Taalkommissie ingeroep word.

Op die vraag of Jimmy Wales munt geslaan het uit Wikipedia, sê Steyn die stigtings self samel heel goed geld van donateurs in om ander projekte te befonds. Wikipedia op sigself is egter maar een been van die Wikimedia-stigting; daar is hoeveel ander susterprojekte (Wikispecies, Wikidata, Wikitravel, e.a.) asook die duur reserwe-apparatuur wat op hierdie geldjies teer.

Ná afloop van 'n vorige onderhoud, volg Van Jaarsveld op, en verneem graag na die welstand van die Duitser Sören Pfauder, en of hy nog gereeld bydra, veral omdat hy, net soos die res van die Afrikaanse radioluisteraars, 'n gewone werksdag tussen 8 tot 5 het met al sy uitdagings. En te midde hiervan het hy hom geen moeite ontsien om sy tyd aan die projek af te staan nie. Ja, is die antwoord, Pfauder gaan steeds sy gang gedurende die week en doen steeds getrou die voorbladvoorbereiding elke Sondagaand, na gelang van sy beskikbare tyd, en dit wissel maar.

Wat die bladtrekke betref: van die artikels wat die meeste besoek is in Desember is Geloftedag, Die Gelofte en die Slag van Bloedrivier. Opvallend het die (covid-19-verwante) afsterwe van Elsa Joubert 'n skielike toename in lesers van haar artikel teweeggebring (400 bladtrekke oornag). Covid-19, en die skielike inperking op die vryheid van beweging, asook die sluiting van skole (en ander staatsinstellings), het ook sy deeltjie bygedra om die bladtrekke van skoolverwante artikels in veral April/Mei-maand 2020 te verhoog.

Artikels uniek aan die Afrikaanse Wikipedia (met inbegrip die uitvoerige artikel oor Elsa Joubert met inligting wat in ander Wikipedias geheel en al ontbreek), sluit onder meer selfs Proteaspesies in, wat maar toegeskryf kan word aan die Suid-Afrikaanse milieu, met wetenskaplike inligting wat bygewerk word om aan die behoeftes van sowel onderwysers as leerlinge te voorsien.

Op die vraag of mens statistiek kan bekom rakende mense in ander lande wat die Afrikaanse Wikipedia besigtig, verwys Steyn na hierdie blad

18 Januarie 2021: Ter viering van Wikipedia se 20ste verjaarsdag neem Greenman die Suid-Afrikaanse Wikipedias in oënskou (buiten Engels). Die Afrikaanse Wikipedia staan eerste, met 95 700 artikels, 210 aktiewe bydraers die afgelope 30 dae (wat vandaalbestryders uit ander lande insluit), 40 bydraers wat ten minste 5 wysigings die afgelope maand aangebring het, 18 administrateurs, en 33 040 587 woorde.

Die dieptepunt wat toegeken word, betreffende die voortdurende uitbou en wysigings teenoor die hoeveelheid bladsye wat reeds bestaan, is 46, vergeleke met Engels se 1 045 (die hoogste trouens wêreldwyd), Frans se 240, Chinees se 201, Duits se 93 en Nederlands se 16. Die volgende top tien bydraers het almal meer as 150 wysigings oor 'n maandtydperk aangebring (in dalende volgorde): Oesjaar, Aliwal2012, Sobaka, K175, Burgert Behr, Charliev55, Rooiratel, SpesBona, Wyatt Tyrone Smith en Odriskelmac11. Greenman is oor die algemeen tevrede met die stand van sake en het volle vertroue dat die 100 000-kerf bereik sal word.

Die ander Afrikatale se grootste hindernis is, net soos die Afrikaanse Wikipedia, die uitbou van uitvoerige lang artikels, met die uitsondering van die Tsonga Wikipedia waar die een enkele bydraer Thuvack gehalte bo hoeveelheid verkies. Sy ywer word ook beloon met die diepte van die 703 artikels wat die hoogte inskiet: op 178.[63]

Die leser word in dieselfde asem egter ook daaraan herinner dat 'n klein Wikipedia, wat gebuk gaan onder vandalisme, baie aktiwiteit toon, al is dit nie noodwendig opbouend nie. 'n Ander maatstaf wat gebruik kan word is die gemiddelde hoeveel woorde per artikel te bereken (wat ook probleme van sy eie besorg, veral as 'n vergelyking tussen oorwegend analitiese en oorwegend sintetiese tale getref word, of omskrywende taal pleks van bondige pront woorde gebruik word):

Tswana – 405 (woorde per artikel)
Afrikaans – 345
Xhosa – 208
Tsonga – 220
Swati – 127
Sotho – 127
Venda – 93
Zoeloe – 53
Noord-Sotho – 32

18 Januarie 2021, 07:45: Op die program Monitor (Radio Sonder Grense), tree die nuusanker Gustav Greyling in gesprek met Deon Steyn, verkose Direkteur van Wikimedia ZA, met die aanbreek van Wikipedia (met 317 tale) se 20ste bestaanjaar die afgelope naweek. Die vrae handel rondom die ontstaan, die groei, die neutraliteit, die besoekstatistiek van die afgelope jaar, asook die mylpale van die Afrikaanse Wikipedia. By laasgenoemde word die 100 000-kerf weer herhaal, asook die doelwit om op meer plaaslike onderwerpe te fokus, om 'n meer lokale kleurtjie te gee, sodat die Afrikaanse Wikipedia nie bloot in 'n slaafse naprater van Europa sal ontaard nie, maar sal groei tot 'n selfstandige Wikipedia in eie reg. Die Afrikaanse Wikipedia het kort voor die onderhoud 95 703 artikels bereik.

Wat die handhawing van akkuraatheid betref, is die 18 administrateurs as hekwagters gelukkig daar om 'n ogie te hou oor die wysigings. Hul selfopgelegde Sisufostaak is om te sorg dat die bronne geldig is, en dat daar geen politiek, bemarking of eensydigheid by betrokke is wat die waarheid kan vertroebel nie. Artikels wat deur vandale geteiken word, draai gewoonlik om die ou twispunt dwarsdeur die eeue heen – die Midde-Ooste in die besonder. Sulke blaaie kan beskerming geniet sodra die nood begin druk. Algaande leer mens 'n muishond aan sy reuk ken: 'n anonieme IP-adres voorspel dikwels moeilikheid. Die ywerige en ernstige gebruiker sal tipies registreer, 'n gebruikersblad skep en meer oor homself uitwei, om hulp vra en betrokke raak.

Die meeste bydraers is vernaamlik Suid-Afrikaners; een gebruiker bevind hom in Engeland, twee in Duitsland en een of twee in die VSA. Die probleem is ook nie soseer om afgetrede mense te werf nie; dit is eerder 'n gesukkel om die jongmense betrokke te kry. Daar is altyd nuwe gebruikers en proeflesers nodig gegewe die geweldige werksomvang. Belangstellendes kan die Facebookgroep kontak.

10 September 2021: Op die middagnuusprogram, Spektrum, Radio Sonder Grense, word die onderhoud tussen Marlinée Fouché en Deon Steyn uitgesaai, ter viering van die 100 000ste artikel. Die sukses is deels toe te skryf aan die Wikipediane se verbintenis daartoe en toewyding om altesaam 15 artikels per dag te skep, verkieslik met 'n Suid-Afrikaansheid. Die rol van die burokrate en administrateurs word net vlugtig weer aan die leke verduidelik. Ook die wenslikheid van registrasie word aangeroer. Die Afrikaanse Wikipediane wat 'n geruime tyd al bydra word oor die algemeen as 'n hegte gemeenskap beskou; elkeen het sy eie spesialiteit. Tot dusver is daar geen ander Afrikaanse digitale ensiklopedieplatform wat 'n verskeidenheid onderwerpe aanraak nie, en vakliteratuur (in boekvorm) is vir die publiek oor die algemeen byna onbekostigbaar en lomp ('n skoolkind kan gemakliker inligting op sy selfoon bekom en "ronddra"). Maar, deur die kennis te verwerk en die bronne te lys, kan daar altyd iemand wees wat die feite gaan naspoor. Skoolverwante onderwerpe (sedert die Covid-inperkingstydperk) kry die meeste aftrek. Steyn bedank ook die ondersteuning en goedgesindheid van die Afrikaanse Akademie, in die verkryging van die nodige vakterminologie om die artikels te skryf.

13 September 2021, 11:29-11:34. Omroepster Susan Botha gesels op Pretoria FM met Deon Steyn, direkteur van die WikimediaZA Stigting, ook oor die 100 000-kerf wat bereik is voor die 20ste verjaarsdag wat op 16 November 2021 gevier sal word. Die Afrikaanse Wikipedia is 71ste op die ranglys van die Wikipedias wat grootte aanbetref, uit 353 tale. Dit vergelyk goed, sou mens in ag neem dat Afrikaans die 140ste grootste taal uit die 7 000 tale dwarsoor die wêreld is. Van die inhoud wat die besoekers kan verwag is "iets vir almal". Hy beskou veral die sterrekundeportaal as wêreldklas en op datum. Meer as 1 300 visartikels is beskikbaar, meer as 3 000 fynbosspesies, meer as 700 boomspesies, en die artikels van die Suid-Afrikaanse Vloot vorder fluks. Die Wiskundeportaal kort wel aandag sodat leerlinge, onderwysers en ouers die artikels bruikbaar genoeg kan vind. Op die vraag hoe iemand betrokke kan raak is die registrasie en IP-adresopsie beskikbaar, hoewel laasgenoemde nie daarin slaag om die gebruiker by die gemeenskap in te skakel nie. 'n Artikel wat veral moeite geverg het om te vertaal is die Manhattan-projek – die hulp van die Taalkommissie moes telkens ingeroep word vir die kernfisikabegrippe.

14 November 2021. 'n Berig verskyn in die Afrikaanse Sondagkoerant, Rapport, wat melding maak van die Afrikaanse Wikipedia se 20ste verjaarsdag wat die Dinsdag, 16 November, in Pretoria luisterryk gevier word. Teen saktyd was dit die grootste Afrikataal en die 71ste grootste van altesaam 323 tale op die digitale ensiklopedie, met 16 administrateurs en 4 burokrate. 5,5 miljoen bladlese in Juniemaand 2020 het sy hoogtepunt in Februarie 2021 bereik – 10,9 miljoen. Die onderwerpe is wyd uiteenlopend: die ruimte, geologie, die Suid-Afrikaanse susterskerke, vegvliegtuie, politieke figure, skrywers, kunstenaars, stoomlokomotiewe, noem maar op. Maryana Iskander, hoofuitvoerende beampte van Wikimedia, het aan die koerant gesê: "Hul werk is 'n voorbeeld daarvan dat Wikipedia meer as net 'n webtuiste is: Dit is ook mense wat aan mekaar verbind is deur hul passie vir kennis."

Saam met die sjampanjeproppe wat klap, volg die hoofpyn. Vergrysing is maar een kopseer – die meeste bydraers van hierdie Gideonsbende is "minstens 30 jaar oud", met weinig jonger bydraers met geesdrif wat aansluit en handjie bysit. Die druk op Afrikaans as onderrigtaal knel die aantal nuwe tegniese boeke en tegniese handboeke in Afrikaans wat as bron moet dien – die meeste Afrikaanse werke is reeds uitgeput of te verouderd vir gebruik (of eenvoudig onbekombaar). Sonder ironie word daar juis nou meer vertalings uit die Engelse Wikipedia gedoen. Die Afrikaanse Wikipedia het geen groot begroting nie, en elkeen moet op eie houtjie oor die weg kom – sonder 'n sent van die Suid-Afrikaanse regering. Die betrokkenheid van die bruin gemeenskap by die projek kan beter wees. Masjienvertalings en vandalisme duik kort-kort op en word hand en tand beveg.[64]

22 November 2021. Marlinée Fouché, RSG nuusjoernalis lewer ‘n inset op Monitor oor die mag van Afrikaans in die digitale ruimte deur daarop te wys dat Afrikaans een van slegs 5 moderne tale is, wat so gevorderd is dat dit sedert die begin van die twintigste eeu tot volwaardige akademiese taal gevorder het. Daar word boonop heelwat vordering gemaak in die gebruik daarvan in die digitale ruimte, soos soekenjins en die digitale ensiklopedie, Wiki Baike.

Tydens die twintigste verjaarsdagviering van dié Afrikaanse Wikipedia is die klem geplaas op die mag van die aanlyn Afrikaanse gemeenskap vir die bevordering van dié taal in die oordrag van kennis. Marlinée Fouché berig diegene wat reeds skouer aan die wiel sit, se geesdrif ken geen perke nie. Deon Steyn (Oesjaar) het gesê dat die Afrikaanse Wikipedia beskryf kan word as een van die grootse voortdurende Afrikaanse gemeenskapsprojekte.

Emeritus professor Laurette Pretorius stel dat ‘n platform soos Wikipedia ‘n bydra lewer tot die voortbestaan van Afrikaans, gebaseer op die aantal moedertaal en ander sprekers, die ouderdom van dié sprekers en taaltegnologie sowel as taalhulpbronne beskikbaar. Laastens kan jy die taal in enige domein, plek en vakgebied gebruik. Vir jong sprekers is die digitale milieu veral goed, maar die vraag bestaan of jong mense dit in Afrikaans wil doen. Die vloeibaarheid van Wikipedia maak dit ideaal om die taal uit te bou. Volgens prof Pretorius kan ‘n Wikipedia-bydraer soms ‘n term in ‘n artikel plaas wat dan weer deur ander gebruikers verander kan word indien nodig. Elke mens kan bydra en elke mens kan redigeer. Pretorius beskou Wikipedia as ‘n toenemend noodsaaklike liefdestaak. Die feit dat ons in die digitale wêreld ingedwing is, en met die pandemie het mense tot die besef gekom dat daar soveel geleenthede is, soveel goed om te doen en soveel probleme wat opgelos kan word.

Marlinée Fouché vra wie is die skrywer wat op die stadium hierdie liefdestaak aanpak. Rooiratel, Oesjaar en Sobaka stel hulself voor. Hierdie skrywers is tussen dertig en sestig jaar oud. Rooiratel verwys na ‘n gunsteling kleur en dier, Oesjaar na whisky wat altyd ‘n goeie oesjaar het, in teenstelling met wyn, en Sobaka (Russies vir hond) na ‘n voorheen ietwat obsessiewe belangstelling in die USSR en Rusland. Hy het dié naam vir ‘n hond gegee net voor hy sy Wikipedia gebruikersnaam geskep het.

Rooiratel stel dit dat ‘n persoon nie noodwendig ‘n kenner op ‘n onderwerp hoef te wees om ‘n artikel daaroor te skryf nie. ‘n Persoon kan gebruik maak van bronne en verwysings van ander mense, wat die kenners is. Jou taak as Wikipedia-skrywer is om dit bymekaar te sit. Onderwerpe waaroor Rooiratel skryf is uiteenlopend. Hy verwys na die interessante verhaal van Rosamund Everard-Steenkamp, een van die eerste vroulike vlieëniers in Suid-Afrika, wat ook die eerste vrou ter wêreld was wat 'n straalvliegtuig gevlieg het. Hierdie artikel bly uniek aan die Afrikaanse Wikipedia.

Sobaka verwys na die uitdagings om tegniese terme in Afrikaans op te spoor tydens die vertaal van artikels na Afrikaans. Hy noem byvoorbeeld dat hy tydens die vertaling van die Wright-broers artikel, ‘n lugvaart-termelys wat ‘n individu goedgunstiglik op die internet geplaas het, as van groot waarde gevind het.

Op die vraag hoekom iemand soveel tyd sou spandeer om sonder betaling artikels op Wikipedia te skep, het Sobaka grappenderwys genoem dat dit weens die verslawende aard daarvan is. Hy stel dat dit in wese ‘n interne motivering is wat dit op die ou einde moontlik maak. Oesjaar bevestig hy is ook verslaaf aan Wikipedia. Dit gee hom die geleentheid om sy brein te gebruik en terselfde tyd kennis op te doen. Volgens Rooiratel sal iemand wat nie self op Wikipedia werk nie, nie maklik verstaan waarom iemand so baie vrye tyd daaraan spandeer nie. Rooiratel bevestig dat enigiemand ‘n bydrae kan lewer tot Wikipedia. Daar sal altyd iemand wees wat die antwoord ken en/of leiding kan verskaf waar nodig.[65]

2022

14 Augustus 2022. Ian Gilfillan (ook bekend as Greenman), gee 'n kort oorsig van die algemene stand van die Suid-Afrikaanse Wikipedias. Die Afrikaanse Wikipedia het die 100 000-mylpaal bereik en toon steeds ononderbroke vooruitgang. Die getal bydraers floreer, die talryke administrateurs is moedertaalsprekers. Voorts is goeie bande met die Afrikaanse media gesmee om nie uit die kollig te verdwyn nie.[66]

18 Augustus 2022, 20:28 tot 20:34. Deon Steyn, direkteur van die Wikimedia Stigting, het weer die gehoorstuk in die hand wanneer Susan Botha van Pretoria FM hom tydens Rondomtalie 'n paar vragies stel. Die Afrikaanse Wikipedia het reeds 104 000 artikels bereik en uit 328 Wikipedias is die Afrikaanse Wikipedia nou in die 69ste plek. Die bladtrekke is so 1 miljoen per maand. Volgens Steyn kom die eer waarskynlik Covid-19 toe: die onderwysers het met hul hande in die hare gesit, die pad van die minste weerstand gevolg en die leerlinge allerlei take met behulp van die internet laat doen; sodoende is die Afrikaanse Wikipedia vir die eerste keer in hul midde ontdek. Die meeste bydraers is al 'n dekade of langer betrokke, en hul beroepe en belangstellings is van uiteenlopende aard. Nuwelinge wat wil bydra kan registreer, maar indien hul so effe afgeskrik voel deur die nuwe en onbekende omgewing, kan hul gaan aanklop by die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns (met spesiale dank aan prof. Anne-Marie Beukes). Vir hierdie opleiding kan die instituut geskakel word by 086-133-3786. Ook gaan borde uitgehang word wat die SAAWK aandui as die fisiese tuiste van die Afrikaanse Wikipedia, ten einde die organisasie (die Afrikaanse Wikipedia) vir die breë publiek sigbaar te maak. Wat die kriteria vir bydraers aanbetref moet diegene onthou dat die styl koud, onpartydig, feitelik, emosieloos en betreklik droog en humorloos is, soos 'n ensiklopedie betaam. Die probleem word op sy naam genoem, en basta: indien die nuweling hom of haar nie hiermee kan vereenselwig nie, is hul roeping eerder om storieboeke te skryf. Die toekoms van Wikipedia lyk besonder blink, sê Steyn: hoe swaarder die monolitiese politiek teen Afrikaans begin draai, des te meer sal bydraers toestroom om te red wat daar nog te redde is vir die nageslag.

Naambord by die SAAWK

16 November 2022. ‘n Funksie om die Afrikaanse Wikipedia se 21ste verjaarsdag te vier word aangebied by die kantore van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns in Pretoria. Die Akademie het ook tydens die funksie amptelik die fisiese tuiste van die Afrikaanse Wikipedia geword toe Prof Anne-Marie Beukes, uitvoerende hoof van die Akademie en Deon Steyn, direkteur van die Afrikaanse Wikipedia ‘n naambord onthul het wat lees ‘’Die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns is die trotse tuiste van die Afrikaanse Wikipedia’’.

Deon Steyn bring hulde aan al die gebruikers wat bygedra het om die 105 580 artikels soos op 16 November 2022, reeds op die Afrikaanse Wikipedia geplaas is. Hy stel ‘n ambisieuse doelwit van 1 miljoen artikels teen 2026. Steyn wys ook daarop dat die drie aktiefste bydraers ouer as 60 is, wat weereens die erns van die werwing van jong bydraers onderstreep. In terme van die pad vorentoe word onder andere opleiding, besoek aan skole, skakeling met die Afrikaanse Departemente aan universiteite, media verhoudings en spesiale projekte soos skryfkompetisies voorgestel.

2023

27 April 2023. Die Afrikaanse Wikipedia, in samewerking met Netwerk Namibië, het ’n werkwinkel aangebied in Windhoek. Daar was dertien verteenwoordigers van, onder andere die Namibiese Departement van Kuns en Toerisme, die Universiteit van Namibië en die ATKB. Deon Steyn, Direkteur Afrikaans van WikimediaZA, het die werkswinkel aangebied. Deon het gefokus op die geskiedenis van Wikipedia en veral op die Afrikaanse Wikipedia. Daar is ook besluit dat die werkswinkel ’n jaarlikse instelling gaan word en dat ’n Afrikaanse Wikipedia-naambord by die kultuurmuseum aangebring gaan word.

19 Julie 2023. In ‘n artikel “Biggest South African language Wikipedias and their editors” deur Hanno Labuschagne gepubliseer op MyBroadband verklaar Douglas Scott, direkteur van Wikimedia ZA dat: “Behalwe Engels, is Afrikaans verreweg die grootste Suid-Afrikaanse Wikipedia taal – beide in terme van aantal artikels en grootte van hul vrywilligersgemeenskap.” "Afrikaanse Wikipedia het 'n stadium van vinnige groei in die aantal nuwe Wikipedia-artikels wat elke dag geskep word en 'n lesertaltoename van 15% in die afgelope jaar betree." In die geheel beklee Afrikaans die 70ste plek uit 322 wêreldtale waarin Wikipedia-artikels geskryf is. Deon Steyn, inwoner van Krugersdorp, het meer as 10% van alle Afrikaanse inskrywings op Wikipedia bygedra, het Scott aan MyBroadband gesê. Die voormalige Telkom-werknemer het homself onlangs in 'n onderhoud met die Afrikaanse aanlyn publikasie Netwerk24 as 'n "oupa" van Wikipedia beskryf. In die afgelope 14 jaar het hy meer as 12 565 Afrikaanse artikels geskryf en 208 000 regstellings onder die gebruikersnaam “Oesjaar” aangebring. Volgens Wikimedia ZA-lid Ian Gilfillan was die top Afrikaanse Wikipedia artikel skeppers in 2022, Oesjaar met 2 156, Aliwal2012 met 1 828, Burger Behr met 622 en Rooiratel met 612.[67]

Die Beyweraars vir die Afrikaanse Wikipedia

16 November 2023. Die Afrikaanse Wikipedia het hul 22ste verjaarsdag by die Akademiekantoor gevier. By hierdie geleentheid is 'n nuwe ondersteuningsgroep, Die Beyweraars vir die Afrikaanse Wikipedia gestig. Hierdie groep se hoofdoel is om ondersteuning te gee om toe te sien dat die somtotaal van mensekennis op 'n vrye Afrikaanse digitale ensiklopedie beskikbaar sal wees as nalatenskap vir Afrikaanssprekendes nou en in die toekoms. Die stigterslede van Die Beyweraars is deur Deon Steyn, die direkteur van die Afrikaanse Wikipedia en prof Anne-Marie Beukes bekend gestel: Afrikaanse Taalraad, Die Taalkommissie, Pretoria FM; FEDSAS; Afrikaans.com, Naledi, NALN, Protea Boekhuis, Voortrekkermonument, Die Erfenisstigting, FAK, Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans en Nuuseum. Die stigterslede het by die funksie hul onderneming om 'n Beyweraar te wees bekragtig deur hul stigterlidsertifikate te onderteken. Die Afrikaanse Wikipedia het ook erelidmaatskap van die Beyweraars toegeken aan prof Laurette Pretorius vir haar uitsonderlike bydrae tot die bewusmaking van en die beywering vir die groei van die Afrikaanse Wikipedia. Voorts het Deon Steyn by die geleentheid die pryse vir die eerste, tweede en derde plek wenners van die Afrikaanse Wikipedia Hoërskool Skryfkompetisie 2023 toegeken. Dit is die eerste jaar wat hierdie kompetisie aangebied is om jong mense bewus te maak van en geleentheid te gee om artikels op die vrye aanlyn ensiklopedie in Afrikaans te skryf.

  • Eerste plek: Vicky-Lee Puchert, Xiaomei Smit, Caroline du Preez, Sharminique Breytenbach, Anke Cornelius en Chanelle Liebenberg (Graad 11-span van Hoërskool Die Anker)
  • Tweede plek: Hendré Strauss en Daniel Strydom (Graad 8- span van die CVO Skool Pretoria)
  • Derde plek: Marlizelle Burger (Sonneveld Akademie)

Die wen artikels was eerste voedingsfeite-etiket, tweede Verskroeideaardebeleid en derde Joseph Patrick Kennedy.

Julie tot Desember 2023. Die Afrikaanse Wikipedia stel die eerste taalpraktisynintern aan, wat die Afrikaanse Wikipedia administratief en taalkundig gerugsteun het. Die posisie is beklee deur Ankia Pepler, ‘n meestersgraadstudent aan die Universiteit van Pretoria in die Afrikaanse Taalkunde. Sy het onder die gebruikersnaam Taalfoendi gehelp met veral taalnavrae en het ook die administrasie vir die eerste skoleskryfkompetisie hanteer. Ankia het voorts die praktiese samewerking tussen die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en die Afrikaanse Wikipedia gedurende haar dienstydperk versterk.

2024

15 Desember 2023 tot 15 Januarie 2024: Vir die vyfde agtereenvolgende keer word die jaar oudergewoonte afgesluit en die nuwe tegemoet geloop met 'n Ontkiemingskompetisie. Die wenners van die kompetisie was Sobaka (1ste), Lefcentreright (2de), Jcwf (3de) en Aliwal2012 (4de). Daar was 6 deelnemers en 200 artikels is ontkiem. Dit kom neer op meer as ‘n allemintige een miljoen grepe wat tydens die kompetisie bygevoeg is tot die Afrikaanse Wikipedia.

23 Januarie 2024: Overvaal Stereo voer 'n onderhoud met gebruiker:Oesjaar. Dit is die eerste gesprek in weeklikse insette oor Wikipedia op die stasie. Weeklikse radio-insette oor die Afrikaanse Wikipedia word ook op die Waarheid Radio gedoen.

28 Februarie 2024: In ‘n Onderhoud met Wannie Carstens oor Afrikaans in Namibië en in Suid-Afrika vra Menán van Heerden oor Afrikaans as onderrigtaal en die vraagstuk rondom Afrikaans se uitsterf – jou gevoel oor Afrikaans in Suid-Afrika in 2024?

Menán, ek hou my hart vas. Die druk via die omstrede Bela-wetgewing, die jongste gerugte oor die afskaal van Afrikaans by die SABC, die absolute gebrek aan politieke wil om meertaligheid in ons veeltalige land normaal te maak, is van die tekens wat ’n mens nie durf ignoreer nie. Kort-kort is daar die een of ander negatiewe beriggewing oor Afrikaans. Maar aan die ander kant is daar weer wonderlike dinge wat in Afrikaans gebeur, soos die talle nuwe Afrikaanse rolprente wat verskyn, ’n lewendige Afrikaanse leeskultuur (wel van populêre literatuur en nie noodwendig sware letterkunde nie), talle Afrikaanse gemeenskapsradio’s, Afrikaanse kunstefeeste, Afrikaanse organisasies wat steeds hulle bes doen om Afrikaans se belange te bevorder, die Afrikaanse Wikipedia wat danksy die werk van Deon Steyn en sy medewerkers so mooi groei, die WAT se dele wat nog gereeld verskyn (soos T in 2023, en daar word reeds hard aan U gewerk), Afrikaanssprekendes se deelname aan gemeenskapsprojekte om van die land ’n beter plek te maak (met mense soos Barend le Grange wat soveel regrukprojekte inisieer, André van Pletzen van Kroonstad, Giel Bekker van Senekal, en talle ander), dan skep ek weer moed.” [68]

18 April 2024 ː Netwerk Namibië het as 'n amptelike Beyweraar vir die Afrikaanse Wikipedia aangesluit.[69]

6 Junie 2024 ː Sobaka lewer ‘n Afrikaanse Wikipedia bewusmaking voorligting tydens ‘n Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) werkswinkel in Pretoria.

30 Junie 2024: Rapport se leefstylbylaag, Beleef, publiseer ‘n artikel “Wikipediane in murg en been” deur Ernusta Maralack wat stel dat die "Afrikaanse Wikipedia, ’n gratis-inhoud-ensiklopedie nes sy Engelse boetie, bied ’n magdom kennis waarby veral Afrikaanse leerlinge kan baat”. Die Artikel belig die tweede skolekompetisie vir hoërskool leerlinge. Die doel van die kompetisie is om leerlinge aan te moedig om “Wikipediane” te word en dat hulle vir die Afrikaanse Wikipedia sal begin skryf. Die kompetisie begin op 9 Julie en die wenner word op 14 November aangewys.

Die artikel wys op die dilemma wat ouers en leerders in die gesig staar om skooltake te voltooi. Hoewel alles op die internet-soekenjin Google opspoorbaar is, is die inligting in Engels en moet die taalgrens ook eers oorbrug word. Om inligting in jou moedertaal te verkry sal dus altyd die eerste prys wees, en die Afrikaanse weergawe van Wikipedia vul juis hierdie belangrike leemte. In die artikel deel twee Wikipediane Dr Rianne van Vuuren en Dr Friedel Wolf hulle sienings en ervarings oor die waarde van die Afrikaanse Wikipedia.

17 Julie 2024 ː Radio Overberg voer 'n onderhoud met gebruiker:Oesjaar. Dit is die eerste gesprek in weeklikse insette oor Wikipedia op die stasie. Weeklikse radio-insette oor die Afrikaanse Wikipedia word ook op Overvaal Stereo en die Waarheid Radio gedoen.

14 November 2024: Die Afrikaanse Wikipedia se 23ste verjaardagverjaardagviering is by Akademia se Leribakampusin Centurion aangebied. Die wenners van die Afrikaanse Wikipedia Hoërskool Skryfkompetisie 2024 is ook tydens die funksie vereer. Die Hoërskool Skryfkompetisie vir 2024 het 49 registrasies ontvang (amper dubbeld die hoeveelheid registrasies in 2023), nege spaninskrywings en 'n groottotaal van 69 leerders landswyd wat deelgeneem het. Die nasionale reikwydte is vergroot van 10 skole in 2023 na 21 skole in onderskeidelik Gauteng, Mpumalanga, die Vrystaat en die Wes-Kaap. Daar was 'n duidelike verhoging in die gehalte van die inskrywings, veral te bespeur aan die terugvoering wat ons van die beoordelaars ontvang het. Die drie wenners van die kompetisie was Donderdagoggend 14 November 2024 op Pretoria FM aangekondig.

Die wenners was:

  • Eerste plek: Michelle de Beer, Graad 9-leerling van Hoër Volkskool Heidelberg - Wenartikel oor James Christopher Harrison.
  • Tweede plek: Zelke van Zyl, Graad 11-leerling van Hoërskool Witteberg in Bethlehem - Artikel oor Die Slag van Biddulphsberg.
  • Derde plek: Abigail de Beer, Graad 10-leerling van Hoërskool Middelburg - Artikel oor Donker suurstof.

Groei

Grafiek van die aantal artikels op die Afrikaanse Wikipedia tot November 2024

Die Afrikaanse Wikipedia was een van die eerste Wikipedias, maar het aan die begin stadig gegroei. Dit het eers in 2004 spoed opgetel, weereens in 2011, en het skerp gegroei in 2018 en 2019 veral te danke aan veelvuldige botbydraes.

Mylpale

Logo wat vir die 5000ste artikel geskep is.

Op 29 Mei 2022 het die Afrikaanse Wikipedia die Birmaanse Wikipedia verbygesteek wat aantal artikels betref, om die sewentigste plek van alle wikipedias in te neem.

Volgens statistieke[70] is die volgende mylpale deur die Afrikaanse Wikipedia behaal:

Aantal artikelsDatumArtikel
Eerste artikel17 November 2001Hindoeïsme deur Clasqm
100 artikels25 April 200320ste eeu deur cache-dk03.proxy.aol.com
500 artikels23 November 2003Krimoorlog deur Jcwf
1 000 artikels29 Junie 2004Parkade deur GerharBe
5 000 artikels24 Maart 2006Pylsterteend deur Faresh
9 000 artikels29 Desember 2007Fleur-de-lis deur Laurens
10 000 artikels15 Junie 2008Homeros deur RAM
15 000 artikels7 Mei 2010Oplossing (chemie) deur Atoom
16 000 artikels5 Augustus 2010Rowy, Pommere deur Voyageur
17 000 artikels10 Februarie 2011Die Lunikoff Verschwörung deur Targovishtenec bg
18 000 artikels7 Junie 2011Aymara deur Africa South
19 000 artikels3 September 2011Kaapstad-Tuine (kiesafdeling) deur Morne
20 000 artikels11 November 2011Protestantse Hervorming deur Voyageur
21 000 artikels27 Januarie 2012Denis Diderot deur Voyageur
22 000 artikels3 April 2012Daniël Francois du Toit deur Morne
23 000 artikels20 Junie 2012Spier, Nederland deur IP 41.240.218.48 (naudefj)
24 000 artikels4 September 2012Israelse kurper deur Oesjaar
25 000 artikels27 November 2012Exel, Nederland deur Puvircho
26 000 artikels23 Februarie 2013NG gemeente Griekwastad deur Morne
27 000 artikels29 Mei 2013Witooievaar deur Oesjaar
28 000 artikels7 Augustus 2013Grootrietsanger deur Oesjaar
29 000 artikels14 November 2013Satoshi Miyauchi deur FootballLibrary
30 000 artikels21 Januarie 2014NG gemeente Vanderbijlpark-Suid deur Morne
31 000 artikels14 April 2014Rynhesse deur Voyageur
32 000 artikels5 Julie 2014Evangelie volgens Lukas deur Oesjaar
33 000 artikels14 September 2014Platysteiridae deur Naudefj
34 000 artikels4 Januarie 2015Eersterangse krieket deur Aliwal2012
35 000 artikels5 April 2015Isambard Kingdom Brunel deur Voyageur
36 000 artikels16 Julie 2015Louisiana (Nieu-Frankryk) deur Voyageur
37 000 artikels13 September 2015Rooigrysmuskusskeerbek deur Oesjaar
38 000 artikels17 Desember 2015Jamie Oliver deur Voyageur
39 000 artikels28 Februarie 2016Johannes Nicolaas de Beer deur Morne
40 000 artikels5 Mei 2016Henry Barber deur Morne
41 000 artikels8 Augustus 2016Hoërskool Eunice deur Morne
42 000 artikels14 Oktober 2016Sophie Coetzee deur Petronell Vorster
43 000 artikels14 Desember 2016Dirk du Plessis deur Morne
44 000 artikels5 Maart 2017Justin Basson deur Aliwal2012
45 000 artikels28 Mei 2017R. Walter Cunningham deur Oesjaar
46 000 artikels17 Julie 2017Olimpiese Winterspele 2026 deur IP 85.212.147.105
47 000 artikels20 September 2017Wryfkras deur FFouche
48 000 artikels18 Desember 2017Lissonotus flavocinctus deur Rooiratel
49 000 artikels28 Februarie 2018Sandoy deur Rooiratel
50 000 artikels15 Junie 2018Rio Iguazú deur SpesBona
51 000 artikelsJulie 2018?
52 000 artikelsAugustus 2018? KabouterBot was druk aan die werk
53 000 artikels23 Augustus 2018Namibiese nasionale krieketspan deur Aliwal2012
54 000 artikels28 Augustus 2018Clathria arbuscula deur KabouterBot
55 000 artikels30 Augustus 2018Uitgestorwe oerisotoop deur Jcwf
56 000 artikels4 September 2018Brian Kernighan deur K175
57 000 artikels14 September 2018Bergjode deur SpesBona
58 000 artikels16 September 2018Boeresport deur Dumbassman
59 000 artikels17 September 2018Nicol Stassen deur K175
60 000 artikels24 September 2018Olifantsrivier, Namibië deur Aliwal2012
61 000 artikels26 September 2018Magnus Carlsen deur Dumbassman
62 000 artikels27 September 2018Janspruit deur Aliwal2012
63 000 artikels14 Oktober 2018Naruhito, Kroonprins van Japan deur SpesBona
64 000 artikels27 Oktober 2018Doringrivier (Oos-Kaap) deur Aliwal2012
65 000 artikels5 November 2018Deodoro da Fonseca deur K175
66 000 artikels18 November 2018Dieprivier (Limpopo) deur Aliwal2012
67 000 artikels26 November 2018Sjalot deur Aliwal2012
68 000 artikels31 Desember 2018Slymvorme deur Jpeda
69 000 artikels29 Januarie 2019Kromspruit (Vrystaat) deur Aliwal2012
70 000 artikels6 Februarie 2019Janneman Malan deur Aliwal2012
71 000 artikels13 Februarie 2019Kunsmis deur Elana Barker
72 000 artikels25 Februarie 2019Limfvatstelsel deur Elana Barker
73 000 artikels3 Maart 2019Alkoholisme deur Dumbassman
74 000 artikels4 Maart 2019Carol Brewster deur KabouterBot
75 000 artikels10 Maart 2019Slaughterhouse-Five deur Dumbassman
76 000 artikels14 Maart 2019Dingaan se fontein deur AFM
77 000 artikels4 April 2019Lucinda Backwell deur Wyatt Tyrone Smith
78 000 artikels26 April 2019Winterhoekkloofspruit deur Aliwal2012
79 000 artikels12 Mei 2019Cliff Saunders deur Oesjaar
80 000 artikels1 Junie 2019NG gemeente Clanwilliam deur Morne
81 000 artikels24 Junie 2019Pierre Klossowski deur Sobaka
82 000 artikels9 Julie 2019Mag (sosiale wetenskappe) deur Sobaka
83 000 artikels3 Augustus 2019Waterkloof (spruit, Oos-Kaap) deur Aliwal2012
84 000 artikels2 September 2019Gijsbert V van Bronckhorst deur Pynappel
85 000 artikels11 Oktober 2019Wals (tegnies) deur Elana Barker
86 000 artikels24 Oktober 2019Sajjid deur Burgert Behr
87 000 artikels16 Desember 2019Duvha-kragstasie deur Aliwal2012
88 000 artikels21 Januarie 2020Zoltán Kocsis deur Charlielv55
89 000 artikels26 Februarie 2020Kwelerarivier deur Aliwal2012
90 000 artikels21 April 2020Boorpunt deur Rooiratel
91 000 artikels27 Mei 2020Tenement House deur Voyageur
92 000 artikels25 Julie 2020Rotsaalwyn deur Oesjaar
93 000 artikels28 Augustus 2020Doringaalwyn deur Oesjaar
94 000 artikels5 Oktober 2020Tinanarivier deur Aliwal2012
95 000 artikels27 November 2020Knersvlakteaalwyn deur Oesjaar
96 000 artikels28 Januarie 2021Canon EOS R deur Aliwal2012
97 000 artikels3 Maart 2021Erica taylorii deur Rooiratel
98 000 artikels14 Mei 2021EssilorLuxottica deur 'n anonieme IP
99 000 artikels3 Julie 2021Sandrivier (Kliprivier) deur Aliwal2012
100 000 artikels8 September 2021Oos-Afrikaanse Gemeenskap deur SpesBona
101 000 artikels15 November 2021Klimenti Nagorni deur Burgert Behr
102 000 artikels11 Februarie 2022Otterbaai deur Aliwal2012
103 000 artikels29 April 2022Admiraliteitseilande‎ deur Burgert Behr
104 000 artikels22 Julie 2022Geelbitterbessie deur Oesjaar
105 000 artikels19 Oktober 2022Cliffortia pedunculata deur Oesjaar
106 000 artikels3 Desember 2022Aloe antoetrana deur Oesjaar
107 000 artikels14 Maart 2023Percy Fyfe-natuurreservaat deur AFM
108 000 artikels13 Mei 2023Zdzisław Beksiński deur Rooiratel
109 000 artikels14 Julie 2023Astrachanse Jode deur Bondeldraer
110 000 artikels13 Augustus 2023Kalmikiërs deur Bondeldraer
111 000 artikels8 September 2023Tweerivier (Groot-Brakrivier) deur Aliwal2012
112 000 artikels18 Oktober 2023Geranium canopurpureum deur Rooiratel
113 000 artikels27 November 2023Ornithogalum saginatum deur Oesjaar
114 000 artikels12 Januarie 2024Antimima sobrina‎ deur Oesjaar
115 000 artikels29 Februarie 2024Mark Rothko deur Sobaka
116 000 artikels1 Mei 2024Cheiridopsis ponderosa deur Oesjaar
117 000 artikels1 Junie 2024Peter Herzog deur Nikolai Kurbatov
118 000 artikels7 Augustus 2024Impak van videospeletjies op die jeug deur Johard1254‎
119 000 artikels11 Oktober 2024Charles Édouard Guillaume deur Sobaka
120 000 artikels18 November 2024Geeloogsuring deur Oesjaar

Afrika-susterwiki's


Sien ook

Verwysings

  1. Baike: 2001, English-language Wikipedia (16 Desember 2006)
  2. Meta-Wiki's list of language Wikipedias ordered by size
  3. "Gender Gap in Wikidata". Denelezh. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Mei 2019. Besoek op 19 April 2020.
  4. Huidige weergawe aangedui
  5. Senekal, Burgert; Brokensha, Susan (2023). "The potential of artificial intelligence (AI) for decolonising education in South Africa through the development of indigenous languages" [Die potensiaal van kunsmatige intelligensie (KI) vir die dekolonisering van onderwys in Suid-Afrika deur die ontwikkeling van inheemse tale]. South African Journal of African Languages. 43 (3): 208–215. An initiative that significantly improved the accuracy of Afrikaans through Google Translate was the drive by the SA Academy for Science and the Arts to expand the Afrikaans Wikipedia. In 2016, Pretorius (2016) called for expanding the Afrikaans Wikipedia. The SA Akademie vir Wetenskap en Kuns echoed this call and offered training sessions. The call was answered by numerous Afrikaans enthusiasts, which resulted in the expansion of the Afrikaans Wikipedia to the more than 100 000 articles currently available (see Table 1). The expansion contributed to the massive linguistic corpus that Google Translate needs to improve its accuracy. ['n Inisiatief wat die akkuraatheid van Afrikaans op Google Translate aansienlik verbeter het, was die veldtog van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns om die Afrikaanse Wikipedia uit te brei. Pretorius (2016) het in 2016 'n beroep gedoen op die uitbreiding van die Afrikaanse Wikipedia. Die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns het hierdie oproep beaam en opleidingsessies aangebied. Die oproep is deur talle Afrikaanssprekende entoesiaste beantwoord, wat gelei het tot die uitbreiding van die Afrikaanse Wikipedia na die meer as 100 000 artikels wat tans beskikbaar is (sien Tabel 1). Die uitbreiding het bygedra tot die massiewe linguistieke korpus wat Google Translate nodig het om die akkuraatheid daarvan te verbeter.]
  6. Roodt, D. 2007. Afrikaners moet internet beset. PRAAG, 9 April:
  7. (de) Hepp, A. 2006. Wissenspraktiken im Alltag: Wikipedia und Podcasting zwischen Konnektivität und Mobilität. In: Pühringer, Karin / Zielmann, Sarah (eds.): Vom Wissen und Nicht-Wissen einer Wissenschaft. Kommunikationswissenschaftliche Domänen, Darstellungen und Defizite. Münster: LIT, p. 179.
  8. Ian Gilfillan's web log. Afrikaans Wikipedia meetup Nov 2007, 11 November 2007.http://www.greenman.co.za/b2evolution/blogs/index.php?m=200711(18-Nov-07).
  9. Frank Schulenburg, Wikipedia Academy in Südafrika – Tag 4, 11 November 2007. http://www.schulenburg.biz/correspondent/ Geargiveer 14 September 2008 op Wayback Machine November 18, 2007.
  10. "Marais, J. 2007. Wikipedia. Rapport, 21 November". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 28 Januarie 2012. Besoek op 28 Januarie 2012.
  11. "Wiki: Skryfwedstryd 2010". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2019. Besoek op 20 Desember 2019.
  12. "Greenman. 2013. African language Wikipedia update. May". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Julie 2013. Besoek op 7 Julie 2013.
  13. Deumert, A. 2014. "Sites Of Struggle And Possibility In Cyberspace. Wikipedia And Facebook In Africa" In: Mediatization and Sociolinguistic Change
  14. "De Wit, H.J. 2014. Digitaal Afrikaans: Internet en de Afrikaanse literatuur. Litnet 26 Maart". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Desember 2020. Besoek op 21 Desember 2020.
  15. Unisa: Threat of Digitale Language Death an African Reality
  16. Algemene simposium 1 en 2 Oktober 2015
  17. RSG: "Die tale wat ons praat": Wikipedia, 1 November 2015
  18. "RSG: "Oggend op RSG", Onderhoud met Deon Steyn". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2020. Besoek op 17 Desember 2019.
  19. "Els, R. 2016. Vyftiende verjaardag: Afrikaanse Wikipedia kry groot aftrek. Die Burger, 28 Januarie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Desember 2019. Besoek op 17 Desember 2019.
  20. Van Huyssteen, G.B. 2016. Begin deel jóú kennis in jóú taal. Beeld, 6 Feb. 2016, bl. 21.
  21. Van Huyssteen, G.B. 2016. Begin deel jóú kennis in jóú taal. Volksblad, 13 Feb. 2016
  22. "Changuion, A. 2016. Help bou aan 'n Afrikaanse Wikipedia. Maroela Media, 20 April". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 22 April 2016. Besoek op 22 April 2016.
  23. "Lombaard, S. 2016. Redakteursbrief: Afrikaanse Wikipedia, te danke aan die oom op Koekenaap. Maroela Media. 22 April". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2019. Besoek op 18 Desember 2019.
  24. Fourie, L. 2016. Die Afrikaanse Wikipedia: seniors kan 'n groot bydrae lewer. Plus50 11(2): 22-23
  25. Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns: Nuusbrief April 2016, pp. 20-21
  26. Pretorius, L. 2016. Die rol van die Afrikaanse Wikipedia in die uitbou van Afrikaans. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(2-1):371-390.
  27. Van Huyssteen, G.B., Botha, M. & Antonites, A. 2016. Die Virtuele Instituut vir Afrikaans (VivA) en markbehoeftes in die Afrikaanse gemeenskap. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 56(2-1):410-437.
  28. "Maroela Media. 2016. Afrikaanse Wikipedia: Só maak mens. 3 Junie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Desember 2019. Besoek op 18 Desember 2019.
  29. eNuus: Meer Afrikaans op Wikipedia
  30. "Maroela Media. 2016. Afrikaanse Wikipedia: Duitser leer homself Afrikaans. 16 Augustus". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Augustus 2016. Besoek op 17 Augustus 2016.
  31. "Maroela Media. 2016. Downingstraat 10: Ongewone pligte vir 'n ongewone werknemer. 14 September". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Desember 2019. Besoek op 19 Desember 2019.
  32. "Maroela Media. 2016. Afrikaanse Wiki maak inligting meer toeganklik. 11 Oktober". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Desember 2019. Besoek op 19 Desember 2019.
  33. "Maroela Media. 2016. Afrikaanse Wikipedia word 15 jaar oud. 10 November". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Desember 2019. Besoek op 19 Desember 2019.
  34. "Maroela Media. 2016. Wikipedia:Doen jou deel vir Afrikaans. 22 November". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Desember 2019. Besoek op 19 Desember 2019.
  35. "Maroela Media. 2017. Afrikaanse Wikipedia: Geloofwaardig en betroubaar. 16 Februarie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Desember 2019. Besoek op 19 Desember 2019.
  36. Akademie Nuusbrief April 2017 p. 21
  37. Vrystaat Kunstefeesfeesprogram. 18-22 Julie 2017.
  38. "Afriforum: Sleutel om tale te behou, lê in Kuberruim". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Desember 2019. Besoek op 17 Desember 2019.
  39. Fouché. M. 2018. Geweet Afrikaans is die grootste Afrika-taal op Wikipedia..? Eensgesind.com 4 Maart.
  40. "Maroela Media. 2018. Afrikaans op Wikipedia: Almal moet hul kant bring. 21 Mei". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Desember 2019. Besoek op 19 Desember 2019.
  41. "Maroela Media. 2018. Wiki – wat? 27 Junie". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Desember 2019. Besoek op 19 Desember 2019.
  42. "Maroela Media. 2018. Video: Jy kan 'n verskil maak (en dit kos jou niks). 5 November". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 Desember 2019. Besoek op 19 Desember 2019.
  43. Miquel-Ribé, M. & Laniado, D. 2018. Wikipedia Culture Gap:Quantifying Content Imbalances Across 40 Language Editions.
  44. Olivier, J. 2018. Die stand van aanlyn oop opvoedkundige hulpbronne in Afrikaans: Afrikaansonderrig as 'n gevallestudie. Tydskrif vir Geesteswetenskappe, 58(4-2):905-924
  45. Van Niekerk, A. (red.). 2019. J.C. Steyn en Afrikaans: 'n viering. Bloemfontein: SUN PReSS
  46. Potgooi: Maroela Media. Al meer as 70 000 artikels in Afrikaans op Wikipedia
  47. "Maroela Media. Al meer as 70 000 artikels in Afrikaans op Wikipedia. 28 Februarie 2019". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2019. Besoek op 20 Desember 2019.
  48. Miquel-Ribé, M. 2019. The Sum of Human Knowledge? Not in One Wikipedia Language Edition. Wikipedia@20, May 16,2019.
  49. Miquel-Ribé, M. & Laniado, D. 2019. Wikipedia Cultural Diversity Dataset: A Complete Cartography for 300 Language Editions
  50. "Lists of Wikipedias by Cultural Context Content, besoek op 27 Desember 2019". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Desember 2019. Besoek op 27 Desember 2019.
  51. Akademie Nuusbrief Augustus 2019. Wikipedia in Afrikaans: Simposium aangebied deur die SA Akademie, 29 Julie 2019. p. 27
  52. Suidpunt. 2019. My 10 jaar by die Afrikaanse Wikipedia. PRAAG, 14 Augustus.
  53. Solidariteitbeweging: "Bou om te bly: Op pad na 2030"
  54. "Steyn, C. 2019. Digitale baadjie vir 'Wêreldspektrum' aangetrek. Maroela Media. 23 Oktober". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2019. Besoek op 20 Desember 2019.
  55. "Maroela Media. 2019. Ontkiem 'n Wiki-saadjie en wen. 18 November". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2019. Besoek op 20 Desember 2019.
  56. "Wiki: Ontkiemingskompetisie 2018". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 20 Desember 2019. Besoek op 20 Desember 2019.
  57. Durand, F. 2019. Verskuif die klaskamer ter wille van die oorlewing van Afrikaans as wetenskapstaal. Tydskrif vir Geesteswetenskappe 59(4): 599-610
  58. Radio Sonder Grense, Taaldinge, 26 Januarie, Afrikaanse Wikipedia.
  59. SAAWK: Aankondiging op Facebook
  60. Werkwinkel: Hoe brei ons die Afrikaanse Wikipedia uit?
  61. Greenman. November 2020 African language Wikipedia update
  62. Ontkiemingskompetisie 2020/2021
  63. Greenman: South African language Wikipedias 20th birthday review, January, 18, 2021
  64. Jansen, J. 2021. Afrikaans is groot op Wikipedia. Rapport, 14 November:12.
  65. Die Mag Van Afrikaans in die Digitale Ruimte, Monitor, 22 November 2021. https://omny.fm/shows/monitor/s-word-afrikaans-in-die-digitale-ruimte-uitgebre-1#description
  66. Greenman.co.za: South African language Wikipedias – Wikimania 2022 update
  67. Labuschagne, Hanno, 19 Julie 2023, Biggest South African language Wikipedias and their editors. https://mybroadband.co.za/news/internet/500319-biggest-wikipedia-south-african-languages-and-editors.html
  68. Menán van Heerden en Wannie Carstens, onderhoud op 28 Februarie 2024. Afrikaans in Namibië, Afrikaans in Suid-Afrika. https://www.litnet.co.za/afrikaans-in-namibie-afrikaans-in-suid-afrika/ Besoek op 29 Februarie 2024.
  69. Facebook, Afrikaanse Wikipedia, https://www.facebook.com/groups/231160206984566 besoek 20 April 2024.
  70. Statistiek vir die Afrikaanse Wikipedia, deur Erik Zachte

Eksterne skakels

🔥 Top keywords: TuisbladTegnologieSpesiaal:SoekSpesiaal:Onlangse wysigingsNew YorkJan BloukaasAlgemene Databeskermingsregulasie (GDPR)De Villiers LamprechtKampen, NederlandSeksposisieIsaac NewtonSeksAtoomNew JerseyInligtingstegnologieGregor MendelBaike: HulpBaike: GeselshoekieTweede WêreldoorlogPortland, OregonBaike: GebruikersportaalBasketbalRegulêre uitdrukkingPornhubRob HersovAlaskaAdventVingerseksBaike: OmtrentSeksuele penetrasieSwangerskapFrans-GuyanaNew HampshireLogosCleopatra VIITegnologiese singulariteitAstrologieNew OrleansMin ShawKategorie:Noorse godeBreyten BreytenbachWiki BaikeSuid-AfrikaLys van Suid-Afrikaanse voëls (alfabeties)GordelroosNebraskaRochester, New YorkOrale seksGriekse mitologieFibonacci-reeksJada FireLys van Suid-Afrikaanse musikanteMenslike seksuele gedragBaike: SandputNew York (deelstaat)Gregoriaanse kalenderBaike: General disclaimerSendelingposisieBaike: Welkom nuwelingeDuitse maselsSeksuele opwekkingEjakulasieDiamantLys van Afrikaanse televisiereekseTarryn LambGalblaasKersliedjies in AfrikaansKersfeesSkildklierAnale seksPornografiese subgenresNanotegnologieAnilingusLys van bekende Suid-AfrikanersGeologieWhatsAppSlag van BloedrivierSonsteekGoogleBiologieBaike: Nuus vir gebruikersEngelsAngina pectorisAambeieNierversakingJoshua na die ReënChristina Susanna van ZylBaike: Algemene spelfouteBreinvliesontstekingAfrikaansFamilie (biologie)KolitisBloeddrukNommertekenSonnestelselKategorie:Amerikaanse aktrises van die 20ste eeuDie GelofteNew HavenSteenbras